Droogdok
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Drywende droogdok is 'n gespesialiseerde skip met 'n U-vormige romp, wat gebruik word vir die herwinning, onderhoud of herstelwerk wat aan skepe of bote verrig moet word.
Dit is toegerus is met watertenks of -kamers wat met behulp van kleppe met water gevul of leeggemaak kan word. Wanneer hierdie tenks volgemaak word, dryf die droogdok dieper in die water en 'n skip kan dan in posisie gebring word in die U-vormige romp. Daarna word die water uitgepomp, wat die dok vlakker laat dryf en die skip bokant die water uitlig. Hierna kan die dok met skip en al na 'n geskikte plek gesleep word, waar herstelwerk gedoen kan word. Drywende droogdokke is gedurende die Tweede Wêreldoorlog algemeen gebruik om herstelwerk aan skepe in verafgeleë gebiede te doen. Daar kon verskeie van hierdie dokke aan mekaar gekoppel word om groter skepe te hanteer.
[wysig] Glentana
'n Bekende droogdok het op Saterdag, 1 November 1902, om 18H20 sy laaste rusplek gevind. by Glentana, 'n pragtige strandgebied ‘n paar kilometer oos van Mosselbaai, naby Haroldsbaai.
Sien die Doks van Glentana