See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Danie Strauss - Wikipedia

Danie Strauss

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

[wysig] Biografie

Daniel Francois Malherbe (Danie) Strauss (gebore 1947) is 'n wêreldbekende filosoof en kenner van die werke van Nederlandse filosoof Herman Dooyeweerd (insluitende Dooyeweerd se modale-skaal teorie) en die wêreldwye beweging vir Reformatoriese filosofie. Strauss het onder Dooyeweerd se kollega, D. H. Th. Vollenhoven, professor van filosofie aan die Vrye Universiteit van Amsterdam studeer. Sedertdien het hy verskeie publikasies in Afrikaans en Engels oor hedendaagse filosofiese temas geskryf. Hy het, onder andere, Dooyeweerd se werke in Engels vertaal.

Professor Strauss het aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein doseer en is verbonde aan die Dekaanskantoor van die Fakulteit Wysbegeerte, as navorsingsprofessor, aan dié universiteit. Hy was ook vir vier jaar lank verbonde aan die Sentrum vir Dooyeweerd Studies by die Redeemer Universiteitskollege te Ancaster in Kanada.

Hy is in 1989 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns met 'n Stalsprys in die Geesteswetenskappe bekroon. Die Universiteit van die Vrystaat het in 2004 'n Eufeesmedalje aan hom toegeken.

[wysig] Bibliografie

  • Strauss, D.F.M. 1973. Begrip en idee. Assen: Van Gorcum.
  • Strauss, D.F.M. 1980. Inleiding tot die kosmologie. Bloemfontein: Sacum Beperk.
  • Strauss, D.F.M. 1983. Evolusie : kernpunte van die moderne afstammelingsleer onder die soeklig. Bloemfontein : N.G. Kerk-Jeugboekhandel.
  • Strauss, D.F.M. 1988. Grondbegrippe van die sosiologie as wetenskap. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.
  • Van Niekerk, A.A. & Strauss, D.F.M. 1994. Wysgerige Perspektiewe op die 20ste eeu. Bloemfontein: Tekskor.
  • Strauss, D.F.M. & Botting, Michelle. 2000. Contemporary Reflections on the Philosophy of Herman Dooyeweerd. New York: Edwin Mellen Uitgewers.
  • Strauss, D.F.M. 2004 (hersiene uitgawe). Paradigms in Mathematics, Physics and Biology: Their Philosophical Roots. Bloemfontein: Tekskor.

[wysig] Eksterne Skakels

Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -