See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Colonia del Sacramento - Wikipedia

Colonia del Sacramento

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Colonia del Sacramento (Portugees: Colônia do Sacramento) is 'n dorp in die suid-weste van Uruguay, teen die Río de la Plata, met 21 714 inwoners (2004). Dit is die oudste nedersetting in die land en hoofstad van die departamento Colonia.

[wysig] Geskiedenis

'n Tipiese straat in Colonia del Sacramento
'n Tipiese straat in Colonia del Sacramento
Vuurtoring in Colonia de Sacramento
Vuurtoring in Colonia de Sacramento

Die dorp is in 1680 deur Portugese gestig. Later het die Spanjaarde, wat hulle aan die oorkant van die Río de la Plata in Buenos Aires gevestig het, aanspraak gemaak op Colonia del Sacramento. Die inheemse Guaraní-stamme het in 1742 oorlog teen die Portugese gevoer om hulle te verdryf.

In 'n aantal ooreenkomste soos die Verdrag van Madrid van 1750 en die Verdrag van Santo Ildefonso van 1777 het die dorp om die beurt onder Spaanse en Portugese bewind gekom, totdat dit 'n Spaanse besitting gebly het. Later het dit nog een keer onder Portugese heerskappy gekom. Met die inlywing van Uruguay by Brasilië in 1816 as Banda Oriental het die dorp ook 'n tyd lank onder Brasiliaanse bewind gekom.

Die historiese dele van Colonia del Sacramento is deur die UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -