See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Camille Saint-Saëns - Wikipedia

Camille Saint-Saëns

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Camille Saint-Saëns
Camille de Saint-Saëns
Geboorte 9 Oktober 1835
Parys (Frankryk)
Afsterwe 16 Desember 1921
Algiers (Algerië)
Genre(s) Klassiek
Last.fm Camille Saint-Saëns
Lirieke Camille Saint-Saëns

Camille Saint-Saëns was 'n klassieke komponis en is gebore op 9 Oktober 1835 in Parys, Frankryk. Op die ouderdom van twee en 'n half het hy begin klavier speel en sy eerste werk gekomponeer op die ouderdom van drie. Hy het begin met formele musiekonderrig op die ouderdom van sewe jaar.

Saint-Saëns se formele publieke debuut was by die Salle Pleyel in Parys op die ouderdom van tien jaar. Hy het die gehoor verbaas deur aan te bied om enigeen van Beethoven se 32 klaviersonates te speel, sonder bladmusiek. Dis egter nie net sy musiektalent wat mense verbaas het nie. Hy kon al vlot Latyn lees op die ouderdom van sewe en het 'n groot voorliefde gehad vir argeologie en geologie.

Op dertienjarige ouderdom het hy gekwalifiseer om te studeer aan die Konservatorium in Parys. Hy het sy eerste simfonie geskryf op die ouderdom van agttien.

Saint-Saëns is getroud in 1875 na 'n baie kort verhouding met Marie Truffot. Saint-Saëns se moeder was geskok en het nie die verhouding goedgekeur nie. Die huwelik het van die begin af op 'n ramp afgestuur. In 1879 is beide Saint-Saëns se seuns oorlede binne slegs ses weke. Sy oudste seun van slegs twee en 'n half het by 'n venster uitgeval vanuit die vierde verdieping van hulle woonstel en sy jongste is oorlede ses weke daarna aan 'n kindersiekte. Saint-Saëns het sy vrou verlaat in 1881, terwyl hulle op vakansie was en sy het hom nooit weer gesien nie.

Hy het saam met sy moeder gebly tot in 1888 met haar dood. Hy het die res van sy lewe spandeer op toer of vakansie en is oorlede in Algiers op 16 Desember 1921.

[wysig] Werke

Camille Saint-Saëns komponeer sowel simfoniese (Le Carnaval des Animaux, 1886) en kamermusiek, asook dertien opera's, waaronder Samson et Delila (1877).

[wysig] Sien ook


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -