See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Beleg van Mafikeng - Wikipedia

Beleg van Mafikeng

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Beleg van Mafikeng
Deel van Tweede Vryheidsoorlog
Datum 13 Oktober 1899 - 17 Mei 1900
Ligging Mafikeng, Suid-Afrika
Resultaat Britse oorwinning
Strydende partye
Verenigde Koninkryk Boere
Bevelvoerders
Robert Baden-Powell
Colonel B T Mahon
General Piet Cronje
Sterkte
2 000 8 000
Ongevalle
212 dood
600 gewond
Onbekend, maar hoër as die Britte s'n

Die beleg van Mafikeng was 'n bekende beleg tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Dit het plaasgevind by die dorp Mafeking (now Mafikeng) in Suid-Afrika oor 'n tydperk van 217 dae, vanaf 13 Oktober 1899 tot 17 Mei 1900. Die beleg van Mafikeng was 'n groot oorwinning vir die Britte en Robert Baden-Powell is as Britse nasionale held vereer.


[wysig] Die beleg van Mafeking as filateliese periode

Die beleg van Mafeking het die dorp se posdiens nie belemmer nie; danksy die verkenners uit die Swart gemeenskap is amptelike en privaatpos nog steeds deur die vyandelike linies gedra, terwyl die posdiens binne die dorpsgrense met minder moeilikhede te kampe gehad het.

Nogtans bied Baden-Powell belonings vir sy jong verkenners aan, wat deur 'n verhoging van die postariewe gefinansieer is. Terwyl die dorp in 'n staat van beleg verkeer, bly die voorrade van posseëls egter beperk. Seëls uit die Kaapkolonie en die Britse protektoraat Betsjoeanaland is met die opskrif Mafeking Besieged ("Mafeking Onder Beleg") as plaasvervangers gebruik.

Sodra een van die verkenners daarin geslaag het om deur die Britse linies te kom en die chemikalieë vir die behandeling van sy fotopapier saam te bring, het die plaaslike fotograaf ingewillig om dié papier vir die uitreiking van posseëls te gebruik.

Baden-Powell het geweier om die portret van die koningin Victoria vir 'n eenvoudige plaaslike reeks seëls te gebruik. Daar is besluit om vir die seël ter waarde van een pennie 'n foto van die dertienjarige sersant en leier van die padvinders, Warner Goodyear, op sy fiets te neem. Vir die 3-pennies-seël maak die fotograaf gebruik van 'n portret van Baden-Powell in sy uniform. Alhoewel Baden-Powell nie sy goedkeuring vir die gebruik van hierdie foto verleen het nie, is reeds met die druk van die seëls begin. Om nie die beperkte voorrade papier te verspil nie, het Baden-Powell die druk laat deurgaan.

Op 9 April 1900 het kolonel Baden-Powell die verkoop van die seëls onder bepaalde voorwaardes goedgekeur: Die afsenders was verplig om hulle briewe te wys, en die aantal posstukke was beperk tot een brief per persoon en dag.

Ná die einde van die beleg en die bevryding van die gebied deur Britse troepe in Mei 1900 is die gebruik van hierdie seëls gestaak. Die posseël ter waarde van een pennie is in 9 476 eksemplare en die 3-pennie-seël in 9 108 eksemplare (met twee formate) uitgereik. Aangesien baie van die verkenners deur die Boerevegters aangehou is, is posstukke uit hierdie tydperk 'n gesogte rariteit onder seëlversamelaars.

[wysig] Bronne

  • Philippe Artru, L’épopée héroïque des premiers scouts de Baden-Powell, artikel vanuit Timbroloisirs, nommer 4, April 1989.

[wysig] Eksterne skakels


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -