See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Avranches - Wikipedia

Avranches

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die katedraal Notre-Dame-des-Champs
Die katedraal Notre-Dame-des-Champs

Avranches is 'n stad in die Franse département Manche, in die administratiewe gewes Basse-Normandie (Neder-Normandië) met 9 226 inwoners.

[wysig] Geografie

Avranches lê in die suidelike deel van die skiereiland Cotentin langs die Europese grootpad E401, wat Saint-Lô met die Bretagne verbind. Vanuit die stad kan 'n mens die Mont-Saint-Michel sien. Die abdy op hierdie eilandberg is in die 8ste eeu deur St. Aubert, 'n biskop van Avranches, gestig.

[wysig] Geskiedenis

Die Jardin des plantes (Plantetuin)
Die Jardin des plantes (Plantetuin)

Die Abrincates, 'n Keltiese stam, vestig hulle omtrent 900 v.C. in die gebied. Die stad, wat in die Gallies-Romeinse tydperk aanvanklik as Legedia bekend staan, verander sy naam ná die 3de eeu na Avranches en verwys sodoende soos baie ander Galliese stede na die bevolking van die gebied, waarvan dit as hoofstad dien. In hierdie tyd herleef ook die ou Keltiese godsdiens. Skulpture en inskripsies uit die laat-Romeinse periode, wat aan die ou Galliese godhede gewy is, is verdere bewyse vir die herlewing van die Gallies-Keltiese kultuur.

Die Engelse koning Hendrik II doen op 21 Mei 1172 in Avranches boete vir die moord op die aartsbiskop van Canterbury, Thomas Becket (1118-1170), en sluit hier ook die sogenaamde "Ooreenkoms van Avranches" met die kerk.

Ná die verbinding van Normandië met Frankryk in die jaar 1204 verhef die Franse koning Lodewyk IX Avranches tot 'n koninklike stad. Die "Bonne Ville" is een van Lodewyk IX se gunsteling-verblyfplekke en word derhalwe met 'n stadsmuur versterk.

Met die begin van die geallieerde landing in Normandië word Avranches op 6 Junie 1944 deur bomaanvalle verwoes. Die bombardement eis talle menselewens. Sewe weke later slaag generaal George S. Patton daarin om die vyandelike linies naby Avranches te deurbreek.

[wysig] Eksterne skakels


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -