See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Manche - Wikipedia

Manche

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die ligging van Manche
Die ligging van Manche

Die Franse département Manche met 'n oppervlakte van 5 938 vierkante kilometer en 481 471 inwoners (1999) maak deel uit van die région (gewes) Basse-Normandie. Dit is die 50ste département in alfabetiese volgorde. Manche is vernoem na die Engelse Kanaal (Frans: La Manche of "Die Mou").

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die gebied van die huidige Manche is oorspronklik bewoon deur Galliese stamme en word later deur die Romeine, Bretone en in 933 deur die Noormanne verower. In 1204 word die gebied by Frankryk ingelyf.

Die huidige département Manche is tydens die Franse Rewolusie op 14 Maart 1794 gevorm as deel van die historiese provinsie Normandië.

[wysig] Geografie

Die département sluit onder meer die Cotentin-skiereiland en die eilandgroep van Chausey in. Dit word begrens deur die Engelse Kanaal en die départemente Calvados, Orne, Mayenne en Ille-et-Vilaine.

[wysig] Klimaat

Manche het 'n tipiese maritieme klimaat met oorwegend westelike winde, wat ook verantwoordelik is vir die hoër reënval van die gebied. Die gemiddelde temperatuur is 5 °C in Januarie en 19 °C in Julie.

[wysig] Demografie

Daar is sowat 20 stede (unités urbaines) in die département, waarvan die metropolitaanse gebied van Cherbourg met sy sowat 100 000 inwoners die belangrikste en ook die tweede grootste in die gewes Basse-Normandie (Neder-Normandië) is. Cherbourg is een van die onderprefekture van Manche en sedert die jaar 1803 ook 'n maritieme prefektuur.

Saint-Lô, die prefektuur (hoofstad) van Manche, het minder as 30 000 inwoners, en daar is net een ander munisipaliteit met meer as 10 000 inwoners - Granville met 'n bevolking van 13 000.

[wysig] Administratiewe verdeling

Cotentin: Die vuurtoring van La Hague
Cotentin: Die vuurtoring van La Hague
Arrondissement Bevolking
(1999)
Oppervlakte
(vk km)
Bevolkingsdigtheid Kantons Munisipaliteite
Avranches 117 431 1 762 67 16 160
Cherbourg-Octeville 190 973 1 639 116 15 189
Coutances 76 861 1 301 59 10 130
Saint-Lô 96 206 1 235 78 11 123

[wysig] Bronne

  • Conseil général de La Manche


[wysig] Eksterne skakels

Die Départements van Frankryk

Metropolitaanse Frankryk 
01 Ain | 02 Aisne | 03 Allier | 04 Alpes-de-Haute-Provence | 05 Hautes-Alpes | 06 Alpes-Maritimes | 07 Ardèche | 08 Ardennes | 09 Ariège | 10 Aube | 11 Aude | 12 Aveyron | 13 Bouches-du-Rhône | 14 Calvados | 15 Cantal | 16 Charente | 17 Charente-Maritime | 18 Cher | 19 Corrèze | 2A Corse-du-Sud | 2B Haute-Corse | 21 Côte-d'Or | 22 Côtes-d'Armor | 23 Creuse | 24 Dordogne | 25 Doubs | 26 Drôme | 27 Eure | 28 Eure-et-Loir | 29 Finistère | 30 Gard | 31 Haute-Garonne | 32 Gers | 33 Gironde | 34 Hérault | 35 Ille-et-Vilaine | 36 Indre | 37 Indre-et-Loire | 38 Isère | 39 Jura | 40 Landes | 41 Loir-et-Cher | 42 Loire | 43 Haute-Loire | 44 Loire-Atlantique | 45 Loiret | 46 Lot | 47 Lot-et-Garonne | 48 Lozère | 49 Maine-et-Loire | 50 Manche | 51 Marne | 52 Haute-Marne | 53 Mayenne | 54 Meurthe-et-Moselle | 55 Meuse | 56 Morbihan | 57 Moselle | 58 Nièvre | 59 Nord | 60 Oise | 61 Orne | 62 Pas-de-Calais | 63 Puy-de-Dôme | 64 Pyrénées-Atlantiques | 65 Hautes-Pyrénées | 66 Pyrénées-Orientales | 67 Bas-Rhin | 68 Haut-Rhin | 69 Rhône | 70 Haute-Saône | 71 Saône-et-Loire | 72 Sarthe | 73 Savoie | 74 Haute-Savoie | 75 Parys | 76 Seine-Maritime | 77 Seine-et-Marne | 78 Yvelines | 79 Deux-Sèvres | 80 Somme | 81 Tarn | 82 Tarn-et-Garonne | 83 Var | 84 Vaucluse | 85 Vendée | 86 Vienne | 87 Haute-Vienne | 88 Vosges | 89 Yonne | 90 Territoire de Belfort | 91 Essonne | 92 Hauts-de-Seine | 93 Seine-Saint-Denis | 94 Val-de-Marne | 95 Val-d'Oise |  
Oorsese départements 
971 Guadeloupe | 972 Martinique | 973 Frans-Guyana | 974 Réunion  
Collectivités d'outre mer 
975  Saint-Pierre et Miquelon | 985  Mayotte (collectivité départementale) | 986  Wallis-et-Futuna | 987  Frans-Polinesië (oorsese gebied)

Die administratiewe verdeling van Frankryk: Régions - Départements - Arrondissemente - Kantons - Communes


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -