Apostoliese Geloofsbelydenis
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Apostoliese Geloofsbelydenis is 'n vroeë belydenis van Christelike geloof, heel moontlik vanuit die eerste of tweede eeu. Dit wil voorkom asof dit geskryf is as 'n antwoord op Gnostisisme. Die belydenis word deur 'n hele aantal Protestantse kerkdenominasies gebruik vir beide eredienste en teologiese opvoeding, en is mees duidelik in die Lutherse en Anglikaanse kerke. In die algemeen word die belydenis as volg gestel, met alternatiewe bewoordings in hakies:
- Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,
- En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader; van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.
- Ek glo in die Heilige Gees; ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes, die opstanding van die vlees en in 'n ewige lewe.
- I believe in God the Father Almighty, Maker of heaven and earth:
- And (or I believe) in Jesus Christ his only Son, our Lord; who was conceived by the (or by the power of the) Holy Ghost (or Holy Spirit), born of the virgin Mary, suffered under Pontius Pilate, was crucified, dead, and buried; he descended into hell (or into Hades or to the dead); the third day he rose again from the dead; he ascended into heaven, and sitteth on (or is seated at) the right hand of God the Father Almighty; from thence he shall come to judge the quick (or living) and the dead.
- I believe in the Holy Ghost (or Holy Spirit); the holy catholic (or universal) church; the communion of saints; the forgiveness of sins; the resurrection of the body; and the life everlasting. Amen.
Latyns:
- Credo in Deum, Patrem omnipotentem, Creatorem caeli et terrae.
- Et in Iesum Christum, Filium eius unicum, Dominum nostrum: qui conceptus est de Spiritu Sancto, natus ex Maria Virgine, passus sub Pontio Pilato, crucifixus, mortuus, et sepultus, descendit ad inferos, tertia die resurrexit a mortuis, ascendit ad caelos, sedet ad dexteram Dei Patris omnipotentis, inde venturus est iudicare vivos et mortuos.
- Credo in Spiritum Sanctum, sanctam Ecclesiam catholicam, sanctorum communionem, remissionem peccatorum, carnis resurrectionem, vitam aeternam. Amen.