Antarktiese smele
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Antarktiese smele of Antarktiese haargras (Deschampsia antarctica) is een van slegs twee inheemse blomplante in Antarktika (die ander is Antarktiese pêrelkruid).
As gevolg van 'n onlangse opwaartse neiging in gemiddelde temperatuur ontkiem meer saad wat groot getalle saailinge en plante meebring. Die neiging word toegeskryf aan globale verhitting. In die geval van Antarktiese smele dui verslae 'n vyf-en-twintig-voudige vermeerdering in die plante aan wat hulle gebied verder suid uitgebrei het en groter oppervlaktes dek waar ook al hulle aangetref word. Die spesie kom verder suid as 56 grade S voor.