See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Tsjoewasjië - Wikipedia

Tsjoewasjië

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Republiek Tsjoewasjië
(Чувашская Республика)

Ligging van Tsjoewasjië in Rusland
Land: Russiese Federasie
Russiese naam: Чувашская Республика
Plaaslike naam: Чăваш Республики
Status: Outonome republiek
Federale distrik: Wolga
Ekonomiese streek: Wolga-Wjatka
Hoofstad: Tsjeboksari
Rang: oppervlakte: 76
Oppervlakte: 18 343,2 km²
Wateroppervlakte: 1,5%
Rang: bevolking: 41
Bevolking: 1 313 754 (2002)
Tale: Russies, Tsjoewasjies
Godsdiens: Russies-Ortodoks
President: Nikolai Fjodorof
Amptelike webtuiste: gov.cap.ru (Engels)
Volkslied: Volkslied van Tsjoewasjië
Tydsone: 3

Wapen

Vlag

Tsjoewasjië (Russies: Чувашия, Tsjoewasjija; Tsjoewasjies: Чăваш Ен, Tsjăwasj Jen) is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland) en die tuisland van die Bulgaars-Turkse Tsjoewasje.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die Tsjoewasje stam af van vroeë Turks-sprekende Bulgaarse en Sjoewaarse volke wat in die 2de en 3de eeu van Sentraal-Asië na die Noordelike Kaukasus getrek het. Hier stig hulle in die 7e eeu die ryk Groot-Bulgarië. Toe die Arabiere hul gebied binneval, trek ’n deel van hulle in die 7de en 8ste eeu na die Balkan-skiereiland, waar hulle met die Slawiërs daar meng. Hierdeur word die grondslag gelê van die huidige Bulgarye.

’n Ander deel trek onder leiding van khan Kotrag na die Sentraal-Wolga-streek en stig in die 10de eeu hier die vroeë Middeleeuse ryk Wolga-Bulgarië. Die Tsjoewasje ontstaan in die 10de eeu uit dié deel van die Bulgaarse bevolking wat hulle nie tot die Islam bekeer het nie. Hul naam kom van die woord Sjoeware.

Tydens die Mongoolse inval van 1236 trek die Tsjoewasje na die noorde en in 1438, met die val van die Goue Horde, word hulle deel van die Khanaat van Kazan. In 1551 aanvaar hulle vrywillig Russiese gesag om hul eie nasie te kan behou en ’n einde te bring aan die voortdurende feodale oorloë wat die gebied verwoes het. Daarna word die streek deel van twee administratiewe distrikte, Kazan en Simbirsk.

Tydens die Russiese Burgeroorlog raak die streek betrokke by die Moslemstaat Idel-Oeral. Op 24 Junie 1920 word die Tsjoewasjiese Outonome Oblast gestig, wat in April 1925 verander in die Tsjoewasjiese OSSR. In 1992 word die huidige outonome republiek Tsjoewasjië gestig.

[wysig] Geografie

Tjoewasjië lê in die sentrale deel van Europese Rusland en vorm die hart van die streek Wolga-Wjatka, halfpad tussen Nizjni Nowgorod en Kazan. Dit is een van die kleinste outonome republieke, maar ook een van die digsbevolktes (meer as 70 mense per km²).

Die noordelike en westelike grens word gevorm deur die Wolga-rivier. Binnelandse bure is Mari El (N), Nizjni Nowgorod (W), Mordowië (S), Oeljanofsk (S) en Tartarië (O). Die hoofstad is Tsjeboksari, ’n belangrike nywerheidsentrum wat 560 km wes van Moskou aan die Wolga lê.

[wysig] Groot dorpe en stede

  • Tsjeboksari (Чебоксары) – 440 621
  • Nowotsjeboksarsk (Новочебоксарск) – 125 857
  • Kanasj (Канаш) – 50 593
  • Alatir (Алатырь) – 43 161
  • Sjoemerlja (Шумерля) – 36 239
  • Kozlofka (Козловка) – 13 054
  • Tsiwilsk (Цивильск) – 12 967
  • Koegesi (Кугеси) – 11 658
  • Woernari (Вурнары) – 10 929
  • Jadrin (Ядрин) – 10 573
  • Marinski Posad (Марийнский Посад) – 10 273

[wysig] Waterweë

Die Wolga- en die Soera-rivier verbind Tsjoewasjië met nasionale en internasionale waters. Na die suide is Wolgograd, Rostov aan die Don, Astrachan, die Kaspiese See en die Swartsee bereikbaar. Na die weste verbind die Wolga Tsjeboksari met Nizjni Nowgorod, Jaroslawl, Moskou en die suideike dele van Rusland. Vragvervoer is moontlik via Tsjeboksari se rivierhawens na Sint Petersburg, Noworossisk (aan die Swartsee), Astrachan en hawens aan die Donau-rivier. Die rivier is egter van Desember tot April gevries.

[wysig] Politiek

Tsjoewasjië het groter soewereiniteit as ander dele van Rusland wat betref plaaslike beleidrigtings en prosedures. Nikolai Wasilijewitsj Fjodorof, ’n voormalige minister van justisie van die Russiese Federasie, is in 1994 tot eerste president van die republiek verkies en is steeds in die amp. Hy het nouer ekonomiese bande met buitelandse state aangeknoop en moedig die groei van kleinbesighede aan. Die burgemeester van Tsjeboksari, Anatoli Igoemnof, werk ook graag met internasionale maatskappye. Die republiek én die stad het departemente van buitelandse ekonomiese sake.

[wysig] Kultuur

Die republiek het ’n fassinerende kultuurerfenis. Hoewel Russies oorwegend gebruik word vir besigheid, praat baie mense nog Tsjoewasjies, veral op die platteland. Die taal behoort tot die Bolgar-subgroep van die Turkse taalgroep. In antieke tye is ’n runeskrif gebruik, maar sedert 1871 word ’n aangepaste Cyrilliese alfabet gebruik.

[wysig] Eksterne skakels

[wysig] Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]
Deelgebiede van Rusland
Outonome republieke Adigea | Altai | Basjkortostan (Basjkirië) | Boerjatië | Chakassië | Dagestan | Ingoesjetië | Jakoetië | Kabardino-Balkarië | Kalmikië | Karatsjai-Tsjerkessië | Karelië | Komi | Mari El | Mordowië | Noord-Ossetië | Oedmoertië | Tartarstan | Tsjetsjnië | Tsjoewasjië | Tiwa
Krais Altai | Chabarofsk | Kamtsjatka | Krasnodar | Krasnojarsk | Perm | Primorski | Stawropol | Zabaikalski (vanaf 1 Maart 2008)
Oblaste Amoer | Archangelsk | Astrachan | Belgorod | Brjansk | Irkoetsk | Iwanowo | Jaroslawl | Kaliningrad | Kaloega | Kemerowo | Kirof | Koergan | Koersk | Kostroma | Leningrad | Lipetsk | Magadan | Moermansk | Moskou | Nizjni Nowgorod | Nowgorod | Nowosibirsk | Oeljanofsk | Omsk | Orenburg | Orjol | Penza | Pskof | Rjazan | Rostof | Sachalin | Samara | Saratof | Smolensk | Swerdlofsk | Tambof | Tjoemen | Toela | Tomsk | Tsjeljabinsk | Twer | Wladimir | Wologda | Woronezj | Wolgograd
Outonome oblaste Joodse Outonome Oblast
Outonome distrikte Chanto-Mansië | Jamalië | Nenetsië | Tsjoekotka
Federale stede Moskou | Sint Petersburg


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -