See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Adigea - Wikipedia

Adigea

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Republiek Adigea
(Республика Адыгея)

Ligging van Adigea in Rusland
Land: Russiese Federasie
Russiese naam: Республика Адыгея
Plaaslike naam: Адыгэ Республик
Status: Outonome republiek
Federale distrik: Suid
Ekonomiese streek: Noord-Kaukasus
Hoofstad: Maikop
Rang: oppervlakte: 81
Oppervlakte: 7798,4 km²
Wateroppervlakte: 5,7%
Rang: bevolking: 74
Bevolking: 447 109 (2002)
Tale: Russies, Adighe
Godsdiens: O.a. Islam
President: Aslan Tchakoesjinof
Premier: Wladimir Samozjenkof
Amptelike webtuiste: www.adygheya.ru
Volkslied: Volkslied van Adigea
Tydsone: 3

Wapen

Vlag

Adigea (Russies: Республика Адыгея; Adighe: Адыгэ Республик) is ’n outonome republiek (’n deelgebied van Rusland). Dit word heeltemal omring deur die Krasnodar-krai.

Inhoud

[wysig] Geografie

Die republiek lê aan die voet van die Kaukasus-gebergte, met vlaktes in die noorde en berge in die suide. Ongeveer 40% van die totale oppervlakte bestaan uit bosse.

Die bevaarbare rivier Koeban is met ’n lengte van 870 km een van die belangrikste riviere in die streek. Dit vorm ’n deel van die noordelike grens van Adigea.

[wysig] Klimaat

  • Gemiddelde temperatuur Januarie: -2°C
  • Gemiddelde temperatuur Julie: +22°C
  • Gemiddelde jaarlikse neerslag: 700 mm

[wysig] Geskiedenis

Adigea het op 24 Augustus 1922 ’n outonome oblast van Rusland geword. Toe was Krasnodar die bestuursentrum. Van 13 Augustus 1928 af het Adigea onder die jurisdiksie van die Krasnodar-krai geval.

Maikop (die huidige hoofstad) het in 1936 die bestuursentrum geword toe die grense van die oblast verander het. Op 3 Julie 1991 het Adigea ’n outonome republiek van die Russiese Federasie geword. Die eerste president was Aslan Alijewitsj Dzjarimof, wat in 1992 verkies is. Hy is in 2007 opgevolg deur Aslan Kitowitsj Tchakoesjinof.

[wysig] Ekonomie

Hoewel dit nou een van die armste dele van Rusland is, het dit ’n oorvloed van bosse en vrugbare grond. Die gebied is veral bekend vir sy graan, sonneblomme, tee en tabak. Daar is ook veeteelt (skape en varke).

Die belangrikste nywerhede is: voedsel en hout- en metaalbewerking.

Adigea is verder ryk aan olie en aardgas. Ander grondstowwe wat daar aangetref word, is goud, silwer, wolfram en yster.

[wysig] Bevolking

In die republiek woon oorwegend Russe, wat in 2002 altesaam 64,5% van die bevolking uitgemaak het. Die Adighe-volk, wat in 1926 nog 44,8% van die bevolking was, maak sedert die derigerjare slegs 20-24% van die bevolking uit (2002-syfer: 24,2%). Op die oomblik is dié persentasie egter besig om weer te styg. Hulle woon veral in die noordwestelike en noordoostelike uithoeke van die republiek. Ander minderhede is in 2002 gevorm deur die Armeniërs (3,4%), Oekraïners (2,0%), Koerde (0,8%) en Tatare (0,7%).

[wysig] Groot stede en dorpe

  • Maikop (Майкоп) – 156 931 inwoners
  • Jablonofski (Яблоновский) – 25 063
  • Enem (Энем) – 17 654
  • Giaginskaja (Гиагинская) – 15 160
  • Adigeisk (Адыгейск) – 12 209
  • Chanskaja (Ханская) – 11 290
  • Toelski (Тульский) – 10 502

(2002-volkstelling)

Deelgebiede van Rusland
Outonome republieke Adigea | Altai | Basjkortostan (Basjkirië) | Boerjatië | Chakassië | Dagestan | Ingoesjetië | Jakoetië | Kabardino-Balkarië | Kalmikië | Karatsjai-Tsjerkessië | Karelië | Komi | Mari El | Mordowië | Noord-Ossetië | Oedmoertië | Tartarstan | Tsjetsjnië | Tsjoewasjië | Tiwa
Krais Altai | Chabarofsk | Kamtsjatka | Krasnodar | Krasnojarsk | Perm | Primorski | Stawropol | Zabaikalski (vanaf 1 Maart 2008)
Oblaste Amoer | Archangelsk | Astrachan | Belgorod | Brjansk | Irkoetsk | Iwanowo | Jaroslawl | Kaliningrad | Kaloega | Kemerowo | Kirof | Koergan | Koersk | Kostroma | Leningrad | Lipetsk | Magadan | Moermansk | Moskou | Nizjni Nowgorod | Nowgorod | Nowosibirsk | Oeljanofsk | Omsk | Orenburg | Orjol | Penza | Pskof | Rjazan | Rostof | Sachalin | Samara | Saratof | Smolensk | Swerdlofsk | Tambof | Tjoemen | Toela | Tomsk | Tsjeljabinsk | Twer | Wladimir | Wologda | Woronezj | Wolgograd
Outonome oblaste Joodse Outonome Oblast
Outonome distrikte Chanto-Mansië | Jamalië | Nenetsië | Tsjoekotka
Federale stede Moskou | Sint Petersburg


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -