Web Analytics

See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Sint Petersburg - Wikipedia

Sint Petersburg

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Sint Petersburg
(Санкт-Петербург)

Anglijskaja-oewer
Land: Russiese Federasie
Status: Munisipaliteit met subjekstatus
Distrik: Noordwestelike Rusland
Oppervlakte: 1 146,2 km²
Hoogte bo seespieël: 3 – 175 m
Bevolking: 4 661 219
Bevolkingsdigtheid: 4 066,67 / km²
Goewerneur (burgemeester): Walentina Matwijenko



Stadswapen

Stadsvlag

Sint Petersburg (Russies: Санкт-Петербург) is ’n stad en federale subjek van Rusland. Dis geleë in die Noordwestelike Federale Distrik aan die Newa-rivier oos van die Golf van Finland. Die stad se vorige name was Petrograd (Russies: Петроград) en Leningrad (Russies: Ленинград).

Sint Petersburg is op 27 May 1703 gestig deur Pieter I die Grote van die Russiese Keiserryk en was langer as tweehonderd jaar (1712-1728, 1732-1918) die land se hoofstad. Dit is naas Moskou die grootste stad in Rusland en naas Moskou, Londen en Parys die grootste stad in Europa. Dis een van Europa se groot wetenskaplike, kulturele en nywerheidsentrums en ’n belangrike hawe aan die Baltiese See.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die Bronsruiter, ’n monument ter ere van Pieter die Grote
Die Bronsruiter, ’n monument ter ere van Pieter die Grote

Pieter die Grote het Sint Petersburg op 27 Mei 1703 gestig nadat hy die grondgebied van Swede verower het. Hy het dit beskou as sy "venster op die Weste".

Die weer, geografie en haglike omstandighede het hul tol geëis met die bou van die stad. Duisende dwangarbeiders is jaarliks na die gebied vervoer, dikwels onder bewaking en selfs vasgeketting om ontsnapping te voorkom. Baie het agter ontsnap en talle ander is aan siektes en weens blootstelling aan die elemente dood. Die dodetal tydens die boutydperk van 18 jaar word op tot 100 000 geskat.

In 1712 het Pieter Sint Petersburg sy nuwe hoofstad gemaak. Die stad het veral floreer onder die bewind van twee van die magtigste vroue in die Russiese geskiedenis – Pieter se dogter keiserin Elizabeth (1740-1762) en keiserin Katharina II die Grote (1762-1796). Talle paleise en ander indrukwekkende geboue is in hul tyd laat bou.

In die Tweede Wêreldoorlog het die Beleg van Leningrad deur die Nazi's plaasgevind. Dit het 29 maande geduur en tot ’n miljoen mense is na raming in hierdie tyd dood. In die koudste wintermaande kon kosvoorraad oor die bevrore Ladogameer ingesmokkel word, maar die res van die tyd was daar ’n groot hongersnood. Vir hierdie heldhaftige verdediging het die stad die eretitel Heldestad van die Sowjet-Unie gekry.

Vandag is Sint Petersburg met sy argitektuur uit die agttiende en negentiende eeu, sy talle kanale, lang reguit strate, tuine, parke en paleise ’n groot trekpleister vir toeriste. Daar is ook talle nywerhede, onder meer staal, chemie en masjienbou. Dis die setel van die Russiese Akademie vir Wetenskappe en het drie universiteite en ’n konservatorium. Daar is sowat 120 museums, waaronder die enorme Hermitage, en 18 teaters, waaronder die Marinskiteater. Sedert 1955 is daar ook ’n moltreinstelsel.

Wladimir Lenin het in 1918 die hoofstad teruggeskuif na Moskou. Dit sou eers net tydelik wees, maar Moskou is vandag steeds die hoofstad van Rusland.

[wysig] Die naam

Pieter die Grote het die stad genoem na sy beskermheilige, die apostel Petrus. Die naam was aanvanklik die Nederlandse Sankt-Pieterburch, maar is kort na die stad se stigting in die Duitse Sankt-Peterburg verander. Na die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog is die stad herdoop tot die Russiese Petrograd en na Wladimir Lenin se dood tot Leningrad. Na die verbrokkeling van die Sowjet-Unie het die stad op 6 September 1991 weer sy ou naam teruggekry. Die distrik is egter steeds bekend as die Leningrad-oblast.

[wysig] Verwysings

Peterhof
Peterhof
Die Katharina-paleis
Die Katharina-paleis
  • Нежиховский Р. А. Река Нева и Невская губа, Leningrad, Гидрометеоиздат, 1981.
  • Oleg Kobtzeff, "Espaces et cultures du Bassin de la Neva: représentations mythiques et réalités géopolitiques", in-Saint-Petersbourg: 1703-2003, Actes du Colloque international, Université de Nantes, Mai 2003, ouvrage coordonné par Walter Zidaric, CRINI, Nantes, 2004. ISBN 2-9521752-0-9
  • Dmitri Volkogonov Stalin: Triumph and Tragedy, 1996, ISBN-10: 0761507183
  • Edvard Radzinsky Stalin: The First In-depth Biography Based on Explosive New Documents from Russia's Secret Archives, 1997, ISBN-10: 0385479549
  • Stalin and the Betrayal of Leningrad by John Barber: [1]
  • Acton, Edward, Vladimir Cherniaev, and William G. Rosenberg, eds. A Critical Companion to the Russian Revolution, 1914-1921 (Bloomington, 1997)
  • Edward Acton Rethinking the Russian Revolution 1990 Oxford University Press ISBN 0713165308
  • Voline The Unknown Revolution Black Rose Books
  • Pipes, Richard. The Russian Revolution (New York, 1990)
  • Figes, Orlando. A People's Tragedy: The Russian Revolution 1891-1924, : ISBN 0-14-024364
  • Reed, John. Ten Days that Shook the World. 1919, 1st Edition, published by BONI & Liveright, Inc. for International Publishers. Transcribed and marked by David Walters for John Reed Internet Archive. Penguin Books; 1st edition. June 1, 1980. ISBN 0-14-018293-4.

[wysig] Eksterne skakels


Russiese stede met meer as ’n miljoen inwoners

Jekaterinburg • Kazan • Moskou • Nizjni Nowgorod • Nowosibirsk • Oefa • Omsk • Perm • Rostof aan die Don
Samara • Sint Petersburg • Tsjeljabinsk • Wolgograd

Static Wikipedia (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2007 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -

Static Wikipedia 2006 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu

Static Wikipedia February 2008 (no images)

aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu