See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Vannes - Wikipedia

Vannes

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die historiese stadskern van Vannes
Die historiese stadskern van Vannes

Vannes (Bretons: Gwened) is die hoofstad (prefektuur) van die Bretonse département Morbihan (Noordwes-Frankryk) met 54 800 inwoners (1999). Die stad is een van die snelste groeiendes in Wes-Frankryk, en sy inwonertal het sedert die jaar 1954 verdubbel. Vannes is nou die sentrum van die agglomerasie Pays de Vannes met 'n bevolking van 125 000.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Vannes het sy oorsprong in 'n hawestad, wat deur die Galliese stam van die Veneters oorheers is. Ná die Romeinse verowering staan die stad onder sy Latynse naam Darioritum bekend en ontwikkel tot 'n belangrike handelsentrum.

In die vroeë Christelike tydperk is Vannes die setel van een van die sewe Bretonse bisdomme. Tot by die Frankiese verowering is Vannes die setel van onafhanklike grawe. Die stad speel ook 'n beduidende rol by die vereniging van Bretagne onder die koning Nominoë, wat tydens die 9de eeu as hertog van Vannes ná sy oorwinning oor die Frankiese koning Karel die Kale in 845 die koninkryk Bretagne stig en uitbrei. Onder die heerskappy van sy seun Erispoë word Vannes die hoofstad van Bretagne. Sedert die jaar 1425 is Vannes ook die vergaderplek van die Bretonse State.

In 1532 verloor Bretagne met die ooreenkoms tussen die Bretonse State en die Franse koning Frans I, wat in Vannes gesluit is, sy onafhanklikheid.

[wysig] Toerisme en vervoer

Ankerplekke in die jaghawe Conleau
Ankerplekke in die jaghawe Conleau

Danksy die skilderagtige historiese stadskern, wat grotendeels bewaar is, en die sentrale ligging aan die Golf van Morbihan, tussen die skiereilande van Rhuys en Quiberon, het Vannes tot een van die gewildste Bretonse toeristebestemmings ontwikkel. Vannes is lid van die Club des plus belles baies du monde ("Klub van die mooiste baaie ter wêreld", 'n internasionale vereniging van vakansieoorde) en trek ook voordeel uit sy baie gematigde klimaat met jaarliks meer as 2 000 sonskynure.

Die stad lê sowat vier ure se motorrit van Parys af. Daar is gereelde verbindings met die Franse hoësnelheidstrein TGV (drie ure se reistyd van Parys) en lugverbindings na die nabygeleë lughawens van Lorient en Nantes.

[wysig] Kultuur

Jazz à Vannes, die bekende Jazz-fees, is al meer as 'n kwarteeu 'n gewilde jaarlikse instelling. Bekende jazz-sterre skitter ses dae lank naas nuwe groepe.

Fêtes Historiques is die jaarlikse historiese fees van Vannes, wat gebeurtenisse uit die geskiedenis van die stad laat herleef. Historiese parades met eeue-oue outentieke kleredrag maak deel uit van die fees.

[wysig] Eksterne skakels


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -