See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Swartwoudkoek - Wikipedia

Swartwoudkoek

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Swartwoudkoek ("Schwarzwälder Kirschtorte")
Swartwoudkoek ("Schwarzwälder Kirschtorte")

Die Swartwoudkoek (Duits: Schwarzwälder Kirschtorte) het sedert die dertigerjare van die 20ste eeu tot die gewildste roomtert in Duitsland ontwikkel en staan nou ook wêreldwyd bekend. Sy hoofsaaklike bestanddele is amandel- of sjokoladedeeg, met kirsch verfynde room, kersies en gerasperde sjokolade as versiering. Die oorsprong van die tert is nie presies bekend nie; dit is ondanks sy naam moontlik nie in die Swartwoud, 'n bergagtige gebied in die suid-weste van Duitsland, uitgevind nie.

Inhoud

[wysig] Naam

Tans is daar drie teorieë ten opsigte van die tert se naam:

  • Die versiering met gerasperde swart sjokolade lyk soos 'n swart woud en het die benaming van die tert beïnvloed.
  • Kirsch, een van die kenmerkende bestanddele, word hoofsaaklik in die Swartwoud gedistilleer, en die tert is gevolglik na hierdie bergreeks vernoem.
  • Daar is 'n tert met die naam "Swartwoud-tert", was as 'n voorloper beskou kan word. Dit kom vermoedelik nie uit die Swartwoud nie.

Die tert in sy huidige vorm is nie in die Swartwoud self "uitgevind" nie.

[wysig] Geskiedenis

Die kombinasie van kersies, room en kirsch was al vroeg in die suidelike Swartwoud gewild, alhoewl dit nie as 'n tert nie, maar as 'n nagereg geniet is. Swartkersies is volop in hierdie gebied. Hulle is gekook en met vars room as 'n soort crème bedien. Die ingemaakte kersies en room is dikwels ook met kirsch, die plaaslike kersiebrandewyn, geniet.

Die aard van die koek laat 'n mens egter vermoed dat 'n professionele pâtissier of fynbakker die resep bedink het. Die historiese voorloper van die huidige Swartwoud-tert is moontlik 'n Switserse tert met dieselfde naam, wat van biscuit-deeg, kersies en neute gemaak is. Dikwels is ook room gebruik, maar nie kirsch nie.

Tradisionele Swartwoudkoek
Tradisionele Swartwoudkoek

Josef Keller, 'n fynbakker uit Bad Godesberg, 'n stad teen die Ryn naby Bonn, het beweer dat hy die Swartwoudkoek in 1915 vir die eerste keer in sy kafee gebak en ook die kombinasie van kersies, room en sjokolade ingevoer het. Die stadsraad van sy geboortedorp Radolfzell het 'n museum gestig, wat aan die Swartwoudkoek gewy is. Daar is egter geen bewyse vir sy stelling nie, en sy tert het moontlik - anders as die huidige Swartwoudkoek - net een laag bevat. Nogtans bewaar 'n kafee in die Swartwoud-dorp Triberg nog steeds die oorspronklike resep van Josef Keller en lok gaste met sy outentieke koek.

Die eerste verwysing na die Swartwoudkoek dateer uit die jaar 1934; in sy boek 250 Konditorei-Spezialitäten und wie sie entstehen, wat in Dresden verskyn het, noem J.M. Erich Weber die tertresep op, wat destyds veral in Berlyn en in die fynbakkerye van ander groot Duitse, Switserse en Oostenrykse stede bekend staan. In 1949 is dit op twaalf na die bekendste tert in Duitsland.

Dit raak egter vinnig steeds meer gewild en is vandag die bekendste tert in Duitsland. Hier is op 1 Augustus 1999 in die dorpie Enzklösterle ook die grootste Swartwoudkoek ter wêreld met 'n deursnee van 5,10 meter gebak. 340 liter room, 28 kilogram koekmeel, 95 kilogram kersies, 1 120 eiers en 60 liter kirsch is vir die reusekoek benodig. 4 500 stukkies koek is binne twee ure verkoop, en die koek is in 2001 in die Guinness Boek van Rekords gelys.

Swartwoudkoek is ook gewild in ander lande, alhoewel een of ander oorspronklike bestanddeel soms deur plaaslike variante vervang word. In die Verenigde State word meesal die kirsch weggelaat.

[wysig] Eksterne skakels

[wysig] Resep

Swartwoudkoekresep (duits)


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -