See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Rio de Janeiro (deelstaat) - Wikipedia

Rio de Janeiro (deelstaat)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Rio de Janeiro
Vlag van Rio de Janeiro
Map of Brazil highlighting the state
Ander Brasiliaanse state
Hoofstad Rio de Janeiro
Grootste stad Rio de Janeiro
Oppervlakte 43 696,054 vk km
Bevolking
  - Totaal
  - Digtheid

14 381 282 (2000)
328,59 inw./vk km
Goewerneur Sérgio Cabral Filho (PMDB)
(sedert 1 Januarie 1 2007)
Luitenant- Goewerneur:
Luiz Fernando Pezão
Demoniem Fluminense
MOI (2000) 0,807 – hoog
Tydsone GMT-3
ISO 3166-2 BR-RJ

Rio de Janeiro ['xiu dʒi ʒa'neʲɾu] (amptelike afkorting: RJ) is een van die 26 deelstate van Brasilië, met 'n oppervlakte van 43 910 vierkante kilometer en sowat 15 miljoen inwoners (2003). Dit bestaan uit 'n kusvlakte, die sentrale Serra do Mar-platorand en die vrugbare Paraíbarivier-stroomgebied in die weste. Daar word koffie, suiker en vrugte verbou. Die tekstiel-, sement- en staalnywerheid vorm saam met die suikersuiwering die ekonomiese basis van die deelstaat.

Die hoofstad Rio de Janeiro, soos gesien vanaf die Guanabarabaai
Die hoofstad Rio de Janeiro, soos gesien vanaf die Guanabarabaai

Rio de Janeiro maak deel uit van Brasilië se Suidoostelike Streek en grens in die noorde en noord-weste aan die deelstaat Minas Gerais, aan Espíritu Santo in die noord-ooste, aan São Paulo in die suid-weste en in die ooste en suide aan die Atlantiese Oseaan.

Rio de Janeiro, die hoofstad, het in 1763 Salvador da Bahia as die hoofstad van die Portugese kolonie vervang en het sedert 1806 as die hoofstad van die Verenigde Koninkryk van Brasilië, Portugal en Algarve gedien. In die tydperk tussen 1822 en 1960 was Rio die hoofstad van die onafhanklike Brasilië.

In die nasionale vlag van Brasilië word Rio de Janeiro deur die Beta-ster (Beta Crucis of Mimosa) in die Suiderkruis versinnebeeld.

[wysig] Geografie

Met 'n oppervlakte van slegs 43 909 vierkante kilometer behoort Rio de Janeiro tot die kleiner Brasiliaanse deelstate. Nogtans is dit op twee na die mees bevolkte staat en word net deur São Paulo en Minas Gerais oortref. Die bevolkingsdigte beloop 328,6 inwoners per vierkante kilometer.

Die Serra da Mantiqueira
Die Serra da Mantiqueira

Die hoofstad en grootste stad van die deelstaat is Rio de Janeiro. Die grootste stede naas Rio is São Gonçalo, Nova Iguaçu, Petrópolis en Niterói ('n stad met 'n half miljoen inwoners, wat tot by 1975 die hoofstad van Rio de Janeiro was). Die Rio-Niteróibrug, wat in 1974 opgerig is, oorspan met 'n lengte van 14 kilometer die Guanabarábaai en verbind Niterói met Rio.

In morfologiese opsig word die deelstaat in twee gebiede verdeel: 'n Vlakte, die sogenaamde baixada, en 'n plato, wat albei parallel van die Atlantiese kus tot by die landelike gebiede naby die grens met Minas Gerais loop. Rio de Janeiro het 'n tropiese klimaat. Die Pico das Agulhas Negras in die bergreeks Serra da Mantiqueira is met 2 789 meter die hoogste bergspits in die deelstaat. Sy belangrikste riviere is Paraíba do Sul, Macaé, Muriaé, Piraí en Rio Grande.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -