See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Nieu-Brunswick - Wikipedia

Nieu-Brunswick

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Nouveau-Brunswick
New Brunswick
Nieu-Brunswick
Vlag Landswapen
(Vlag van Nieu-Brunswick) (Landswapen van Nieu-Brunswick)
Leuse : Spem Reduxit
Beeld:New Brunswick-map.png
Ander provinsies en gebiede van Kanada
Land Kanada
Hoofstad Fredericton
45° 57' N, 66° 38' W
Grootste stad Saint John (Saint-Jean)
Goewerneur-generaal Herménégilde Chiasson
Eerste Minister Shawn Graham (Liberale Party)
Oppervlakte 72 908 km²
 - Land 71 450 vk km
 - Water 1 458 vk km (2,0%)
Bevolking (2007)
 - Totaal 750 851 inw.
 - Digtheid 10,3 inw./vk km
Toelating tot die Kanadese Federasie
 - Datum 1 Julie 1867
Verteenwordiging in die Parlement
 - Parlement 10
 - Senaat 10
Posafkorting NB
Voorsetsel by poskode E
Tydsone UTC -4
Internet-domein .nb.ca

Nieu-Brunswick (Frans: Nouveau-Brunswick, Engels: New Brunswick) is een van Kanada se drie Maritieme of Atlantiese provinsies en die enigste in die land wat volgens sy grondwet sowel Engels asook Frans as ampstale erken en gebruik. In teenstelling met die konflikte in ander Kanadese provinsies streef die twee taalgroepe in Nieu-Brunswick die beginsel van vreedsame naasbestaan na.

'n Landskapstoneel in die Nasionale Fundy-park
'n Landskapstoneel in die Nasionale Fundy-park

Volgens 'n skatting van Statistique Canada was die bevolking op 1 Oktober 2007 750 851 mense, waarvan 35 persent Franssprekendes wat merendeels van Akadiese afkoms is en veral in die Akadiese kusgebied aan die Sint-Laurensrivier tussen die stede Shediac en Caraquet woon. Die provinsiale hoofstad is Fredericton, wat net soos Saint John (Saint-Jean) sterk deur die Britse tradisies van sy oorspronklike Lojaliste-bevolking beïnvloed is.

Die provinsie se naam is afgelei van die Engelse benaming vir die Noord-Duitse stad Braunschweig, van waar die voorouers van die Engelse koning George III en die koninklike Huis Hannover oorspronklik gekom het.

Alhoewel Nieu-Brunswick nie tot die belangrikste bestemmings vir buitelandse toeriste in Kanada behoort nie, pronk die provinsie met 'n natuurskoon wat 'n kuslyn van 2 300 kilometer, die bekende Fundy-baai met sy groot getyeverskil van sowat vyftien meter en die warmste watertemperature noord van Florida aan sy noordelike strande. Die binneland word deur heuwelagtige gebiede met uitgestrekte bladwisselende loofbosse, wat gedurende die najaar met hul herfskleure spog, en die riviergebiede van die Saint-Jean (Saint John) en Miramichi oorheers. Die Miramichirivier is 'n gewilde bestemming vir salmhengelaars.

[wysig] Geografie

[wysig] Fisiese geografie

Nieu-Brunswick word in die noorde deur Quebec se Gaspé-skiereiland en die Baie des Chaleurs en in die ooste deur die Golf van Sint-Laurens en die Northumberland-seestraat begrens. In die suide verbind die Chignecto-landengte Nouveau-Brunswick met die skiereiland van die provinsie Nova Scotia, wat grotendeels deur die Fundy-baai van die vasteland geskei word.

In die weste grens Nieu-Brunswick aan die Amerikaanse deelstaat Maine; naas Alberta is Nieu-Brunswick die enigste provinsie aan Kanada wat net aan een VSA-deelstaat grens. Die grensgebied is gedurende die "Aroostook-oorlog" van die jare 1838 en 1839 gekoloniseer.

Alhoewel Nieu-Brunswick by Kanada se Maritieme Provinsies gereken word, verskil die provinsie in etnies-kulturele en fisiografiese opsig duidelik van sy buurprovinsies. Sowel Nova Scotia asook die Prins-Edward-Eiland word heeltemaal of byna heeltemaal omring deur die waters van die Atlantiese Oseaan wat sodoende sy stempel op hulle klimaat, ekonomie en kultuur afgedruk. Daarenteen word Nouveau-Brunswick ondanks sy lang kuslyn deur 'n beskermde ligging gekenmerk wat sy landskap in 'n mindere aan die Atlantiese Oseaan se invloede blootstel - dit geld veral vir sy uitgestrekte binneland. Die provinsie word dus eerder deur sy riviere as die oseaan oorheers.

Restigoucherivier naby Campbellton
Restigoucherivier naby Campbellton

Die belangrkste rivierstelsels in die provinsie sluit die Saint-Jeanrivier (St. Johnrivier), Petitcodiacrivier, Miramichirivier, St. Croixrivier en Restigoucherivier in. Die Saint-Jeanrivier word as die tweede langste rivier aan die Noord-Amerikaanse ooskus tussen die Sint-Laurensrivier en die Mississippirivier berskou.

Nieu-Brunswick is heeltemaal in die Appalaggegebergte geleë - 'n baie ou bergreeks wat al lank aan erosie blootgestel was en nou deur riviervalleie en heuwellande oorheers word wat oor groot dele van die provinsie strek. Die oostelike en sentrale gedeelte van Nieu-Brunswick behels die Laagland van Nieu-Brunswick, terwyl die Caledonia- en St. Croix-Hooglande langs die kuslyn van Fundybaai loop en hier hoogtes van sowat 300 meter bo seevlak bereik. Die noordwestelike gedeelte van die provinsie behels die afgeleë en ongerepte Miramichi- en Chaleur-Hooglande en die Notre Dame-berge met Mount Carleton (820 meter) as hulle hoogste bergspits.

[wysig] Riviere

Die grootste gedeelte van die westelike Nieu-Brunswick word deur die Saint-Jean-rivierstelsel gedreineer. Die Saint-Jean, wat in Noord-Maine ontspring, mond in Saint John in die Fundybaai uit. Sy belangrikste takriviere in die provinsie sluit die Madawaska, Tobique, Meduxnekeag, Nashwaak, Oromocto en Kennebecasis in. Ander waters in die Saint-Jean-rivierstelsel is die Grand Lake (waarin die Salmonrivier uitmond), Washademoak-meer (waarin die Canaanrivier uitmond) en Belleisle-baai. As gevolg van Fundybaai se hoë getye vloei die waters van die Saint-Jean dikwels stroomop - 'n natuurverskynsel wat veral by die Reversing Falls-watervalle in Saint John optree.

Die Kouchibouguac-rivier in die Nasionale Kouchibouguacpark
Die Kouchibouguac-rivier in die Nasionale Kouchibouguacpark

Die Petitcodiac-rivier mond naby die top van Fundybaai in die Chignectobaai uit. Ook hier veroorsaak die Fundybaai se getye dat die rivierwater stroomop vloei - 'n fenomeen wat as getygolf bekend staan. Die bou van 'n straatweg oor die rivier naby Moncton, sowat 50 kilometer stroomop, het die getygolf se effek verswak en die rivier se ekostelsel verander.

Ander riviere, wat in die Fundybaai uitmond, sluit die St. Croix, Digdeguash, Magaguadavic, Musquash en Big Salmon in.

Die Miramichirivier mond naby die stad Miramichi in die Miramichibaai uit, en sy rivierstelsel dreineer 'n groot gedeelte van Nouveau-Brunswick se hartland. Daar is twee groot takriviere, die Suidwes- en die Noordwes-Miramichi, en 'n aantal kleiner takke soos Dungarvon, Renous, Bartholomew en Cains. Die Miramichi-rivierstelsel staan bekend vir sy forelvywers en parke.

'n Groot gedeelte van Noordwes- en Noord-Sentraal-Nieu-Brunswick word deur die Restigouche-rivierstelsel gedreineer. Die rivier mond naby Dalhousie in die Baie des Chaleurs uit en lok net soos die Miramichi talle salmhengelaars. Belangrike takriviere sluit die Kedgwick, Patapedia en Upsalquitch in.

Die Nepisiguit is 'n ander belangrike rivier wat in die Baie des Chaleurs uitmond, naas kleiner riviere soos die Caraquet, Tetagouche en Jacquet.

Die Kouchibouguac, Kouchibouguacis, Richibucto, Bouctouche, Cocagne en Shediac mond in die Northumberland-seestraat uit, terwyl die Tabusintac, Big Tracadie en Pokemouche in die Golf van Sint-Laurens uitmond.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -