Nairobi
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Nairobi is die hoofstad van Kenia. Die naam kom van die Masai "Ewaso Nyirobi", wat "koel waters" beteken. Die inwonertal is sowat 2miljoen. Die belangrikste tale in Nairobi is Swahili, Kikuyu en Engels. Nairobi is in 1899 gestig as tussenpunt vir die Uganda-spoorlyn tussen Mombasa en Uganda. Dié stad word in 1907 die hoofstad van die protektoraat Brits-Oosafrika en met onafhanklikheid in 1963 die hoofstad van Kenia.
Nairobi se internasionale lughawe is die Jomo Kenyatta International Airport. Die ouer Wilson-lughawe was in die dertiger- en veertigerjare 'n stop op die roete Southampton-Kaapstad en word steeds veel gebruik vir privaatvliegtuie.