See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Manjifieke Sewe Olifante - Wikipedia

Manjifieke Sewe Olifante

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Beeldhouwerk van Shawu, een van die Manjifieke Sewe, by die ingang van The Palace of the Lost City, Sun City.
'n Beeldhouwerk van Shawu, een van die Manjifieke Sewe, by die ingang van The Palace of the Lost City, Sun City.

Die Manjifieke Sewe Olifante was sewe olifantbulle wat ongeveer 30 jaar gelede in die Nasionale Krugerwildtuin geleef het. Hulle is as manjifiek beskou omdat hulle almal ivoortande gehad het wat meer as 50 kg elk geweeg het.

In 1980 het die bestuur van die park besluit om die sewe olifante te bemark om die park se indrukwekkende bewaarwerk ten toon te stel. 'n Reeks skilderye deur skilder Paul Bosman is vrygestel tesame met 'n reeks artikels geskryf deur die park se Senior Navorser, Dr Anthony Hall-Martin.

Dit was die begin van die publiek se fasinasie met groot olifante. Toe elk van die sewe dood is, is daar besluit om die tande en skedels in 'n museum te plaas. Nadat die tande vir 'n wyle in Olifantskamp uitgestal is, is die Olifantmuseum in Letabaruskamp geopen. Ses van die groot sewe se tande kan besigtig word in die museum: Dzombo, Kambaku, Mafunyane, Ndlulamithi, Shawu en Shingwedzi. Die tande van die sewende olifant, Joāo, het ongelukkig in 1984 afgebreek, en is nooit gevind nie.

Inhoud

[wysig] Dzombo (c.1935–1983)

Dzombo is vernoem na die Dzombospruit in die Shingwedzirivier in die noorde van die park. Dit is in hierdie omgewing waar hy altyd aangetref is, mees gereeld in die Shawuvallei tussen die Tsendze-, Letaba- en Shingwedziriviere. Die naam Dzombo is afgelei van die Tsongawoord dzombolo wat beteken om te wag vir iets wat stadig naderkom.

Dzombo is dood in Oktober 1983 toe hy ongeveer 48 of 50 jaar oud was. In 'n koeëlreen van AK47s het Dzombo die enigste van die Manjifieke Sewe geword wat deur wildstropers gedood is. Die stropers was besig om Dzombo se tande naby die Dzombyane watergat te verwyder toe wildbewaarder Ampie Espag op hulle afgekom het. Die stropers het gevlug en die tande agtergelaat.

Dzombo se linkertand was 255 cm lank, 50 cm in omtrek by die lip, en het 55.8 kg geweeg. Die regtertand was 237 cm lank, 51 cm in omtrek by die lip, en het ook 56.8 kg geweeg.

[wysig] João (c. 1939–c.2000)

João is die eerste keer gesien naby 'n windpomp met dieselfde naam in die Shingwedzistreek. Hy was 'n rustige olifant wat dikwels naby die Shingwedziruskamp aangetref is. In 1982 is hy deur wildstropers aangeval maar hy het die AK47 koeëls oorleef.

Sy manjifieke tande is gemeet toe hy onder verdowing was om met 'n radioband toegerus te word. Ongelukkig het albei tande ongeveer 20 cm bokant die liplyn afgebreek in 1984. Die oorsaak is onbekend en die ivoor is nooit gevind nie. João is vermoedelik dood voor 2000 maar dit is onbekend wat van hom geword het.

João se linkertand was 271 cm lank, 51 cm in omtrek by die lip, en het 55 kg geweeg. Die regtertand was 250cm lank, 51 cm in omtrek, en het 45kg geweeg.

[wysig] Kambaku (c. 1930-1985)

Kambaku is die Tsongawoord vir ou olifantbul, 'n teken van groot respek vir die indrukwekkende dier. Anders as die res van die Manjifieke Sewe, was Kambaku altyd 'n alleenloper. Hy was 55 jaar oud toe hy 1985 gevind is met aansienlike pyn as gevolg van 'n koeëlwond. Hy is geskiet toe hy die Krokodilrivier oorgesteek het om in die nabye suikerrietplantasie te wei. Toe hy nie meer kon loop nie, is hy van sy lyding verlos deur wildbewaarder Lynn van Rooyen van die Onder-Sabie streek.

Kambaku was een van die mees bekende bulle in die park. Hy is aangetref in 'n groot streek tussen Timbavati en Krokodilbrug en het gewoonlik die natseisoen in die noorde deurgebring. Verskeie besoekers aan die park het hom afgeneem aangesien hy maklik herkenbaar was. Hy het geen sterthare gehad nie en maklik identifiseerbare merke op sy slurp. Sy twee tande was presiese spieëlbeelde van mekaar en absoluut manjifiek.

Die linkertand was 259 cm lank, 51 cm in omtrek by die lip, en het 63.2 kg geweeg. Die regtertand was 265 cm lank, 52 cm in omtrek, en het 64 kg geweeg.

[wysig] Mafunyane (c. 1926-1983)

Mafunyane was die mees bekende lid van die Manjifieke Sewe. Sy Tsonganaam beteken die geirriteerde een, verwysend na die olifant se kwaai humeur en sy ongeduld vir mense. Hy was 'n skaam dier wat deur bittermin mense gesien omdat hy ver weg gebly het van toeristepaaie.

Mafunyane se lank reguit tande het op die grond gesleep wanneer hy loop. Hy was egter 'n klein olifant (slegs 327 cm by die skouer), en sy tande was korter as meeste van die ander lede van die Manjifieke Sewe. Sy ivoor was ook ovaal in deursnit wat dit swaarder laat lyk het as wat dit was.

Mafunyane se kenmerkendste eienskap was 'n 10 cm wye gat in sy skedel wat 40 cm diep was. Die gat het tot in sy neusholte gestrek wat beteken hy kon daardeur asemhaal; dit het ook reënwater ingelaat! Die oorsprong van die besering is onbekend, maar daar word gereken dat dit opgedoen is tydens 'n geveg met 'n ander bul wat sy tand in Mafunyane se skedel ingedruk het.

Mafunyane is aan natuurlike oorsake dood in 1983. Hy was ongeveer 57 jaar oud. Hy is gevind naby die Taririvier, noordwes van Shingwedzi, ongeveer 3 of 4 weke na sy sterfte.

Beide Mafunyane se tande was 251 cm lank, 48 cm in omtrek by die lip, en het 55.1 kg geweeg.

[wysig] Ndlulamithi (c. 1927–1985)

Ndlulamithi is 'n Tsongawoord wat beteken hoër as die bome. Hierdie olifant was groter as meeste van die ander Manjifieke Sewe–ongeveer 340 tot 345 cm hoog by die skouer.

Hy was 'n aggressiewe en wilde olifant wat dikwels gestorm het, maar nie dikwels gesien is nie. Hy het meeste van sy tyd deurgebring in die Shingwedzigebied naby die rivier. Sy regtertand het korter afgebreek op 'n stadium, wat sy linkertand mooi onder sy regtertand ingevou het.

Ndlulamithi is in 1985 dood aan natuurlike oorsake. Hy is in die Shangonigebied gevind deur wildbewaarder Paul Zway.

Sy linkertand was 287 cm lank, 48.5 cm in omtrek by die lip, en het 64.6 kg geweeg. Sy regtertand was 273 cm lank, 48 cm in omtrek by die lip, en het 57.2 kg geweeg.

[wysig] Shawu (c. 1926-1986)

Shawu is vernoem na die Shawuvallei naby Shingwedzi waar hy die meeste van sy tyd deurgebring het. Hy het dikwels sover suid beweeg as die Letabarivier; hy was bekend daarvoor dat hy stadig beweeg het en somtyds tot 6 maande geneem het om van noord na suid te beweeg. Hy was 'n aangename bul wat geen vrees vir mense of voertuie getoon het. Met 'n skouerhoogte van 340 cm, was Shawu een van die grootstes van die sewe. In Afrikaans was Shawu bekend as Groot Haaktand, verwysend na die vorm van sy tande.

Shawu is in Oktober 1986 aan natuurlike oorsake dood toe hy al amper 60 jaar oud was. In die laaste dae is sy bewegings gemonitor met 'n radioband, en hy is uiteindelik gevind naby Kostinigebied in die Shawuvallei.

Shawu se tande is die langste tande op rekord in Suid-Afrika. Die linkertand was 317 cm lank, 45 cm in omtrek by die lip, en het 52.6 kg geweeg. Sy linkertand was 305 cm lank, 45 cm in omtrek, en het 50.8 kg geweeg.

[wysig] Shingwedzi (c. 1934-1981)

Shingwedzi is vernoem na die rivier en ruskamp waar hy die laaste jare van sy lewe deurgebring het. Hy was 'n aangename, rustige olifant wat gewoond was aan voertuie. Hy het meeste van sy tyd onder die wildevye langs die Shingwedzirivier naby die ruskamp deurgebring.

Shingwedzi is aan natuurlike oorsake dood in January 1981 toe hy ongeveer 65 jaar oud was. Hy het inmekaargestort onder 'n wildevy op die suidelike wal van die Shingwedzirivier. Sy hooftand was diep onder die grond begrawe toe hy gevind is.

Shingwedzi se hulptand het korter afgebreek omdat hy dit gereeld gebruik het. Die linkertand, wat die hulptand was, was 207 cm lank en het 47.2 kilogram geweeg. Die hooftand, aan die regterkant, was 264 cm lank, 48 cm in omtrek by die lip, en het 58.1 kg geweeg.

[wysig] Bronne

http://www.sanparks.org/parks/kruger/elephants/tuskers/magnificent7.php http://www.themagnificentseven.co.uk/home.htm


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -