Limburgs
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die Limburgse taal is 'n Wes-Germaanse taal wat in die Nederlandse en Belgiese provinsies Limburg gepraat word. Ook oor de grens met Duitsland word dialekte gepraat wat by die Limburgse taal hoort. Limburgs is lank gesien as 'n Nederlands dialek; dit het analoog aan andere dialekte ontwikkel uit die Nederfrankiese taalstam. Die dialekstatus is egter twyfelagtig omdat Limburgs veral in die suidelike dele sterk van Nederlands afwyk (sterker as Afrikaans). Die laaste jare word Limburgs daarom meer as 'n aparte taal gesien.
[wysig] Kenmerke
Die Limburgse taal bestaan uit 'n groep van honderde dialekte, wat tussen mekaar baie groot verskille het. Daarom het nie alle dialekte die kenmerke wat hieronder beskryf word nie.
Limburgs is 'n toontaal; met ander woorde dat jy in Limburgs een lettergreep op verskillende maniere uit kan spreek, en dat daardeur die betekenis verander. Daar is twee tone in Limburgs: die sleeptoon en die stoottoon. Woorde met die stoottoon klink presies soos in Nederlands en Afrikaans, die sleeptoon klink baie anders. 'n Lettergreep met 'n sleeptoon gaan eers omhoog om eers aan die einde 'n bietjie te sak. So word uitmekaar gehou bâl (om mee te speel) en bàl (dansfees), tiêd (tyd) en tièt (vrouebors), êrm (arm) en èrm (arme). Die tone word meestal nie uitgeskryf nie.
Ook het die Limburgse taal die woorde ich en ouch vir "ek" en "ook". Dit is de Duitse vorms, en dit is besonder, want in ander woorde verander die k nie in ch nie. Dit is dus eenvoudig make, zeuke ("soek") en daak ("dak"). Verder het die meeste Limburgse dialekte die woordjie doe vir "jy" behou. Die Afrikaanse y is daar meestal 'n ie, die Afrikaanse ui stem met die oe ooreen en vir die oe en ie hoor jy daar gereeld oo en ee. Net soos die Afrikaanse taal laat die Limburgse taal 'n t val na die letters ch, f, g, k en s. Dit is dus rös vir "rus".
Hierdie taal het baie gevalle van umlaut. Dat kom konsekwent vir by die vorming van verkleinwoordjies (maan "man" - menneke "mannetjie"), en ook by die tweede en derde persoon enkelvoud van sterk werkwoorde (loupe - iech loup, diech löps, heer löp "loop - ek, jy, hy loop") en by sommige meervoude (vogel - veugel "voël - voëls").
[wysig] Gebruik
In Nederlands Limburg, waar in die noordelike deel geen Limburgse dialekte gepraat word nie, is die Limburgse taal nog baie lewendig: byna al die in Limburg gebore Limburgers praat hulle taal nog daagliks. Ook word kinders daarin opgevoed. In België en Duitsland is dit anders: daar praat veral ou mense die taal nog.
Limburgs word net nie so dikwels opgeskryf nie, omdat die offisiële taal in Nederland en België Nederlands is. Tog gebeur dit al hoe meer. Limburgs het nie 'n vasgestelde spelling nie; die streeksvariasie bemoeilik dit. 'n Gebruikte spelling is die spelling van die vereniging Veldeke, wat 'n tydskrif uitgee waarin Limburgse gedigte en ander tekste gepubliseer word.
[wysig] Voorbeelde
- Die dialek van Maastricht: Iech praot toes edersdaags Limburgs. Dees taol mote v'r zien te behawwe door ze euveral in Limburg te gebruke. Deis diech ouch mèt?
- van Valkenburg: Iech kal thoes ederen daag Limburgs. Dees taal moete v'r zeen te behoute door ze euveral in Limburg te gebruke. Deis doe ouch mèt?
- van Roermond: Ich kal thoes edere dag Limburgs. Dees taal mòt v'r zeen te behaoje door ze euveral in Limburg te gebroeke. Duisse ouch mit?
- van Venlo: Ik praot toes ederen dag Limburgs. Dees taal mótte we zeen te behalde door ze euveral in Limburg te gebroeke. Duis dich ouk mei?
- van Weert: Ich kal toeës ederen dag Limburgs. Dees taal mótte v'r zeen te behawwe door ze euveral in Limburg te gebroeke. Deis doe ouch mit?
- van Hasselt: Iech klap töes idderen dag Limburgs. Dees taal mutte vie zien te behage doeër ze èvveral in Limburg te gebrööke. Dou dzjie euch bè?