See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Kyūshū - Wikipedia

Kyūshū

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Kyūshū
Kyūshū-eiland, Japan
Kyūshū-eiland, Japan
Geografie
Ligging Oos-Asië
Argipel Japannese Argipel
Oppervlak 35 640 km²
Hoogste punt Aso {{{elevation}}}
Administrasie
Vlag van Japan Japan
Prefekture Fukuoka, Kagoshima, Kumamoto, Miyazaki, Nagasaki, Ōita, Saga
Grootste stad Fukuoka (1 400 000)
Demografie
Bevolking 14 779 321
Bevolkingsgroepe Japannese

Kyūshū (九州 Nege Provinsies?) is die derde-grootste eiland van Japan en die mees suidelike en westelike van die vier hoofeilande. Die eiland se alternatiewe antieke name sluit in Kyūkoku (九国 Nege State), Chinzei (鎮西 Wes van die Pacified gebied), en Tsukushi-no-shima (筑紫島 Eiland van Tsukushi). Die historiese streeksnaam Saikaidō (西海道 Wes-See Circuit]]) verwys na Kyūshū en sy omliggende eilande. Die naam Kyūshū is afkomstig van die nege antieke provinsies van Saikaidō wat op die eiland geleë was: Chikuzen, Chikugo, Hizen, Higo, Buzen, Bungo, Hyūga, Osumi, en Satsuma. Die hedendaagse Kyūshūstreek (九州地方 kyūshū-chihō) is 'n polities gedefinieerde streek wat uit sewe prefekture op Kyūshū en Okinawa Prefektuur suid daarvan bestaan.

Kyushu is die 37ste grootste eiland ter wêreld. Dit beslaan 'n oppevlak van 35 640 km² en is kleiner as Spitsbergen maar groter as New Britain en Taiwan. Kyūshū het 'n bevolking van 14 779 000 (2003) en dit is die eiland met die 13de messte inwoners ter wêreld, minder as Borneo of Sulawesi, maar meer as Salsette of Kuba. Die eiland is bergagtig en Japan se mees aktiewe vulkaan, die berg Aso teen 1 591 m, is op Kyūshū. Daar is baie ander tekens van tektoniese aktiwiteit, insluitend talle warmwaterbronne. Die beroemdste hiervan is in Beppu, aan die oostelike kus en om die berg Aso, in sentraal-Kyūshū.

Volgens bevolking is die grootste stad op die eiland Fukuoka met 1,4 miljoen inwoners; Fukuoka is 'n belangrike sakesentrum met 'n groot internasionale lughaween een van die vyf effektebeurse in Japan. Kitakyushu is 'n stad en belangrike sentrum vir swaarindustrieë, bevolk deur net minder as een miljoen mense. Kumamoto en Kagoshima is die derde en vierde grootste stede met meer as 'n halfmiljoen mense elk. Nagasaki het een van Japan se oudste internasionale hawens, wat die enigste poort na die buite wêreld was tydens die Edo tydperk, van die middel van die 16de tot die 18de eeue. Nagasaki is bekend vir een van die atoombomaanval wat die VSA aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog op Japan uitgevoer het.

Kaart van Kyūshū met prefekture: Fukuoka Prefektuur, Kagoshima Prefektuur, Kumamoto Prefektuur, Miyazaki Prefektuur, Nagasaki Prefektuur, Ōita Prefektuur, Saga Prefektuur
Kaart van Kyūshū met prefekture: Fukuoka Prefektuur, Kagoshima Prefektuur, Kumamoto Prefektuur, Miyazaki Prefektuur, Nagasaki Prefektuur, Ōita Prefektuur, Saga Prefektuur

Dele van Kyūshū het 'n subtropiese klimaat, veral die Miyazaki en Kagoshima prefekture. Die belangrikse landbou produkte is rys, tee, tabak, patats, en soja; sy word ook geproduseer. Die eiland staan bekend vir verskeie soorte porselein, insluitend Arita, Imari, Satsuma, en Karatsu. Swaarnywerhede is gekonsentreerd in die noorde en om Kitakyushu, Nagasaki, en Oita en sluit chemies en metaal verwerking in. Die eiland beskik ook oor 27 universiteite.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -