Konrad Zuse
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Konrad Ernst Otto Zuse (* 22 Junie 1910 in Berlin; † 18 Desember 1995 in Hünfeld by Fulda) was 'n duitse bouingineur, uitvinder en besigheidsman (Zuse KG). Met sy ontwikkeling van die Z3 in 1941 geld hy as die eerste uitvinder van die rekenaar.
Hy is voorwaar die titelhouer 'vader van die rekenaar', alhoewel die VS-Amerikaaners dit eers nie wou toelaat nie.
Gesamentlik het Zuse agt eeredoktortitels en twee eereprofessorskappe gekry. Na hom is ook twee medaljes benoem, die word van die 'Geselskap vir rekenaarwetenskap' (Gesellschaft für Informatik, in Duitsland) en die 'Sentraleverbond van die duitse boubedryf' (Zentralverband des Deutschen Baugewerbes) vir besondere prestasies op die gebied van rekenaarwetenskap verleen.
[wysig] Lewe
Konrad Zuse is op 22 Junie 1910 in Berlyn Duitsland gebore. Sy ouers was Maria en Emil Zuse. Toe hy twee jaar oud was, het sy familie na die oospreusise plek Braunsberg getrek, waar sy vader as postbeamte gewerk het. In Braunsberg het hy ook die hoërskool besoek (duits: Das humanistische Gymnasium Hosianum). Al vroeg in sy lewe het hy sy voorliefde vir tegniek en kuns ontdek en begin om sy eerste uitvindings te maak. Baie keer moes hy maar ook uitvind dat baie daarvan al uitgevind was. Toe hy in graad 9. was, trek familie Zuse na Hoyerswerda, waar hy aan die hoërshool gestudeer (duits: Reform-Realgymnasium, vandag die Lessing-Gymnasium). Dit is ook die plek waar Konrad Zuse in 1928 gematrikuleer het.
Hy studeer aan die tegniese hoërskool Berlyn-Charlottenburg (duits: Technischen Hochschule Berlin-Charlottenburg, vandag: Tegniese Universiteit Berlyn (duits: Technische Universität Berlin, TUB) aan die begin meganiese ingeneurswese (Maschinenbau), en het vinnig verwissel na argitektuur en later na bouingineurswese. Hierdie het vir hom soos die ideale kombinasie as ingineur en kunstenaar gelyk.
[wysig] Eksterne skakels
- Zuse Institute Berlin (engels)
- Zuse_Ausstellung/index.html Deutsches Technikmuseum Berlin - Konrad Zuse (duits - Duitse Tegniese Museum in Berlyn - Zuse-Uitstalling)
- Konrad Zuse Computermuseum Hoyerswerda (duits - Konrad Zuse Rekenaarmuseum)
- Dr. Ing. Horst Zuse (duits - Private webwerf van Konrad Zuse se seun, Horst)