See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
iTunes - Wikipedia

iTunes

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

  iTunes

'n Skermkiekie van die iTunes-rekenaarprogram

Ontwikkelaar Apple Computer
Mees onlangse weergawe /
Laaste betaweergawe /
Bedryfstelsel Rekenaars: Microsoft Windows XP en Mac OS X 10.3.9 (of hoër)
Kategorie Mediaspeler
Lisensie freeware
Webtuiste http://www.apple.com/itunes

iTunes is sagteware wat deur Apple vervaardig word waarop na musiek geluister kan word en na videos gekyk kan word. Ander funksies sluit in die blaai van die iTunes Store en die aflaai en beheer van podcasts.

iTunes gebruik verskeie maniere om musiek en videos in te voer:

  • Musiek kan van CDs af gerip word.
  • Musiek of videos kan in die iTunes Store aangeskaf word.
  • Audio of video kan van iPods ingevoer word, hoewel dit nie outomaties moontlik gemaak is nie ten einde kopieregskening te beperk.

iTunes is gerig op die eenvoudigmaking van die beheer van 'n biblioteek wat audio en video bevat. Dit bied ook verskeie maniere om vir items in die versameling te soek. Só kan daar byvoorbeeld per titel, kunstenaar, komponis, album en genre gesoek word. Verder is dit moontlik om die inligting van CDs via die Internet in te voer sodat die gebruiker nie ál die velde per hand hoef in te vul nie. Die CDs se omslagte kan ook afgelaai en ingevoer word sodat iTunes 'n fisieke ry CDs kan simuleer.

Dit is ook moontlik om speellyste te maak. Hierdie speellyste kan op iPods gebruik word, maak kan ook in die vorm van 'n iMix na die iTunes Store gestuur word vir enigiemand om te besigtig.

iTunes kan 'n hele biblioteek outomaties met 'n iPod sinkroniseer.

iTunes gebruik Apple se multimediaprogram QuickTime vir die audio- en video kodeks. Die iTunes-sagteware is gratis verkrygbaar vir Apple se Macintosh-operateurstelsel en Microsoft Windows-rekenaars vanaf hul tuisblad.

Die iTunes store is tans nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, alhoewel dit steeds geblaai kan word. Podcasts kan normaalweg gratis deur enige gebruiker (ongeag van woonagtigheid) afgelaai word.

iTunes maak deel uit van Apple se iLife-sagtewarepakket.

[wysig] Sien ook

  • Mediaspeler


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -