Houston
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Houston |
|
---|---|
Kaart | Wapen |
Beeld:Houston armes.png.png | |
Vlag | |
Land | Verenigde State van Amerika |
Staat | Texas |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Koördinate | 25°43' S, 28°14' O |
Stigting | 1855 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 2 199 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 370 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2005) | 1 884 046 |
- Bevolkingsdigtheid | 856/vk km |
Tydsone | SAST / UTC +2 |
- Somertyd | Geen |
Klimaat | |
- Tipe | Subtropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 18 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 22,4 / 11,7 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 675 mm |
Burgemeester | Gwen Ramokgopa |
Amptelike Webwerf | tshwane.gov.za |
Houston is 'n stad in die deelstaat Texas (Verenigde State). Dit is die vierde grootste stad van die VSA met 2,01 miljoen inwoners en naas Dallas-Fort Worth een van die twee groot ekonomiese sentrums van Texas. Die metropolitaanse gebied van Houston het 'n bevolking van meer as vyf miljoen.
Houston staan veral bekend vir sy petrochemiese en lug- en ruimtevaartnywerhede. Die NASA het een van sy belangrikste kontrolesentrums in die stad opgerig, sodat "Houston" ook die eerste woord geword het wat op die maan gepraat is. Die metropolitaanse gebied van Houston beskik oor die grootste konsentrasie van mediese navorsingsinstitute in die VSA soos byvoorbeeld die Texas Medical Center en een van die besigste Amerikaanse seehawens aan die Golf van Meksiko.
Met 'n bevolking, wat tussen 1900 en 2005 van 45 000 tot meer as 5,2 miljoen gegroei het, is die metropolitaanse gebied van Houston een van die snelste groeiende van die VSA. Die agglomerasie strek nou oor tien counties en is die sewende grootste in die land.