See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Hastings - Wikipedia

Hastings

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die binnestad van Hastings
Die binnestad van Hastings

Hastings is 'n stad in die graafskap East Sussex (Suidoos-Engeland) met sowat 84 000 inwoners (2000) en die toneel van die beroemde slag van 1066. Willem die Veroweraar en sy berede Normandiese strydmag behaal die oorwinning teen die Angelsaksiese krygers wat te voet moet veg. Die slag van Hastings is die beginpunt van die Normandiese verowering van Engeland.

[wysig] Geskiedenis

Die eerste menslike nedersettings ontstaan vermoedelik reeds in die prehistoriese tydperk. Sedert die vroeë middeleeue ontwikkel Hastings tot 'n besige hawestad, wat in die 11de eeu met vier ander hawens (New Romney, Hythe, Dover en Sandwich) die bond van die Cinque Ports ("Vyf Hawens") sluit.

Die hawehoof van Hastings
Die hawehoof van Hastings

Op 28 September 1066 sit die Normandiese hertog Willem die Veroweraar met sy leër naby Hastings voet aan wal en verslaan op 14 Oktober Harald II Godwinson, die laaste Angel-Saksiese koning van Engeland. Hierdie oorwinning staan aan die beginpunt van die Normandiese heerskappy in Engeland.

In 1377 is Hastings deur Franse troepe geplunder en in brand gesteek, wat tot die neergang van Hastings lei. Eers tydens die 18de eeu beleef Hastings 'n nuwe ekonomiese opbloei as 'n gewilde vakansieoord.

Vandag staan Hastings naas sy belangrike rol as Engelse toeristebestemming ook as onderwyssentrum bekend, wat onder meer Engelse taalkursuse vir buitelandse studente aanbied.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -