Franse geweste
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Frankryk word verdeel in 26 geweste (Frans: régions), waarvan 22 geweste in metroplitaanse Frankryk is en 4 oorsese geweste (régions d'outre-mer) is. Mayotte sal in 2011 'n oorsese gewes word wat die aantal gewete na 27 sal laat styg en die aantal oorsese geweste na 5. Die geweste is die hoogste vlak van gebiedsverdeling in die Franse Republiek en word verder onderverdeel in departemente (Frans: départements). Franse geweste vorm ook min of meer natruurlike geografies gebiede en het oor die algemeen 'n eie kulturele en sosiale identiteit. Baie van die moderne geweste kom ooreen en dra die naam van die historiese Franse provinsies.