See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Duiwelsaanbidding - Wikipedia

Duiwelsaanbidding

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Griekse god Pan
Die Griekse god Pan

Die term duiwelsaanbidding verwys na die rituele verering of aanbidding van die Duiwel, wat in die Christelike geloof die kwaad versinnebeeld.

Die wanvoorstelling van duiwelsaanbidding as 'n middel om bonatuurlike kragte te verkry en ander mense kwaad te doen was veral gedurende die Middeleeuse heksewaan wydverspreid, maar dit word nog steeds deur massamedia en Christelike organisasies vir hul eie doeleindes misbruik. Dikwels word duiwelsaanbidding, 'n neweverskynsel van Christelike praktyke, met moderne Satanisme vereenselwig, alhoewel dit 'n hoogs ontwikkelde religieuse filosofie is waarin geen meer primitiewe religieuse praktyke soos rituele aanbidding meer voorkom nie.

Duiwelsaanbidding was egter dikwels 'n belangrike motief in die kunste en letterkunde, veral in die Franse literatuur van die 19de eeu (soos in Là bas ["Daar benede"] van Joris-Karl Huysmans of in rolprente soos Rosemary's Baby (VSA 1969). Alhoewel sensasielus steeds weer aanleiding gee tot opspraakwekkende persberigte van Swart Misse, is daar geen bewyse vir georganiseerde duiwelsaanbidding in die verlede of in die huidige tyd. Net bepaalde aspekte daarvan kan in sommige okkultiese bewegings of in die subkulture van sekere jeuggroepe aangewys word, soos byvoorbeeld in die Death Metal en Black Metal-musiekstyle.

Inhoud

[wysig] Vreemde religies

Christelike groeperings stel dikwels vreemde religies aan duiwelsaanbidding gelyk deur vreemde gode met die duiwel te vereenselwig[1]. Die uitbeelding van die duiwel in die Europese volkskuns het sy oorsprong in die Griekse god Pan. Ook die naam Lucifer, wat dikwels as sinoniem met "duiwel" gebruik word, was oorspronklik dié van 'n Romeinse godheid.

Die beskuldiging van duiwelsaanbidding is hierby 'n instrument om andersgelowiges te diskrimineer en te "verduiwel". Selfs nie-religieuse mense, wat net so min aan 'n duiwel glo as aan 'n god, word soms van duiwelsaanbidding beskuldig.

[wysig] Samesweringsteorie

Veral in Amerikaans-Christelike kringe leun mense soms op die samesweringsteorie dat duiwelsaanbidders (wat hier valslik met Sataniste vereenselwig word) begin het om die staat en samelewing te ondermyn. Hierdie stelling is meestal nie valsifiseerbaar nie, aangesien mense met afwykende opvattings self as samesweerders uitgebeeld word.

[wysig] Verdere leesstof en bronne

[wysig] Leesstof

  • Elaine Pagels: Satans Ursprung, Frankfurt am Main 1998, ISBN 3-518-39368-5,
  • Ulrich Dreikandt (Hg.): Schwarze Messen, Frankfurt am Main 1994, ISBN 3-518-38817-7,
  • Joachim Schmidt: Satanismus – Mythos und Wirklichkeit, Marburg 2002, ISBN 3-927165-66-2
  • Charles Baudelaire / Joris-Karl Huysmans / Octave Mirbeau: Die Blumen des Bösen/ Tief unten/ Der Garten der Qualen, Erftstadt 2004, ISBN 3-89996-071-8

[wysig] Verwysings

  1. ^ Catholic Encyclopedia: Devil Worship (Engels)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal.
Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -