See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
CUDA - Wikipedia

CUDA

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

CUDA (Afkorting in Engels vir:"Compute Unified Device Architecture") is `n tegnologie om algoritmes te skryf, wat op die beeld verwerkingseenheid (BVE) hardloop, in die C programmeringstaal. Dit verskil van die normale GPGPU metodes wat die grafikakaart se drywers gebruik om in saamsteltaal algoritmes te skryf. CUDA is ontwikkel deur Nvidia vir hulle Geforce 8 reeks, Tesla 870 en hul Quadro reeks. Nvidia sê dat hulle dit gaan implementeer in al hulle toekomende beeld verwerkingseenhede.

Die CUDA SDK is op die 15 Februarie vrygestel. Die huidige weergawe van die SDK is 2.0Beta.

Inhoud

[wysig] Voordele

  • `n Programmeringstaal wat baie dieselfde is as ANSI C, met `n paar nuwe funksies om spesifieke take op die BVE te doen.
  • `n Klein en vinnige verdeelde geheue gebied (16KB) kan geprogrammeer word om gebruik te word in CUDA.
  • Optimiseerde aflaaings en skrywings van die SVE (Sentrale verwerkingseenheid) na en van af die grafikakaart.
  • Willekeurige skrywings en lesings van die geheue is moontlik.

[wysig] Hardeware benodig

CUDA kan slegs hardloop op sekere BVE's wat CUDA bevat nl. die Geforce 8 reeks. Alle nuwe BVE's wat Nvidia maak sal CUDA ingebou hê sonder enige veranderings aan die funksies wat hy dien, dus gaan net optimalisering plaasvind en programmeerders sal versekerd wees dat hul programme op alle vorige en toekomende BVE's sal werk.

BVE's wat CUDA bevat
Geforce Tesla Quadro
9800 GX2 C870 FX 5600
9800 GTX D870 FX 4600
9600 GT S870 FX 3700
8800 Ultra FX 1700
8800 GTX FX 570
8800 GTS FX 370
8800 GT NVS 290
8800 GS FX 3600M
8600 GTS FX 1600M
8600 GT FX 570M
8500 GT FX 360M
8400 GS Quadro Plex 1000 Model IV
8800M GTX Quadro Plex 1000 Model S4
8800M GTS NVS 320M
8700M GT NVS 140M
8600M GT NVS 135M
8600M GS NVS 130M
8400M GT
8400M GS
8400M G

[wysig] Physx

Nvidia het vir Ageia oorgekoop in vroeg 2008 om hul Physx enjin oor te skryf om met CUDA op die BVE te hardloop. Dit beteken dat alle rekenaar speletjies wat die Physx aandrywer bevat, sal dan deur die BVE versnel word sonder enige verandering aan die speletjie se kode. Volgens Nvidia is die proses om Physx enjin oor te skryf, amper klaar en sal in die einde van Mei 2008 voltooi wees. Die spoed waarteen die projek voltooi gaan word, is `n aanduiding van hoe maklik dit is om met CUDA te programmeer. Nvidia het `n demonstrasie gehou met die Physx enjin wat 60 000 partikels simuleer.

[wysig] Spoed Voordeel teenoor SVE's

Daar is geen spoed voordeel of nadeel van CUDA en ander GPGPU tegnologie nie, maar wanneer mens dit vergelyk met die spoed van die SVE is die CUDA implementasie 15 tot 20 keer die spoed van `n gedemonstreerde Intel Nehalem SVE wat teen 3.2 GHZ hardloop met 4 kerns. Die Intel demonstrasie het gewys hoe hy 50 000 tot 60 000 partikels simuleer teen 15-20 RPS (rame per sekonde), by `n later demonstrasie deur Nvidia het hulle `n soortgelyke partikel simulasie met dieselfde aantal partikels gewys wat teen 300 RPS hardloop. Die spoed voordeel kom van om die groot aantal stroom verwerkers en baie drade te gebruik om in parallel die simulasie kalkulasies te doen. `n SVE is optimaliseer om so min as moontlik vertraging met geheue skrywings en lesings te hê om so vinnig as moontlik `n enkele draad te voltooi, waar `n BVE optimaliseer is om `n groot aantal ander drade te voltooi terwyl hy wag vir sy stadiger geheue om te skryf of te lees.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -