Conakry
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Conakry (ook Konakry, Malinké Kɔnakiri), bevolking 2 000 000 (2002), is die hoofstad van Guinee. Die stad is 'n hawe aan die Atlantiese Oseaan kus. Conakry is geleë by 9°30' Noord, 13°40' Wes (9.5, -13.6667). [1]
[wysig] Geskiedenis
Dit het ontwikkel op Tumbo-eiland op die punt van die Kaloumskiereilend, waaraan dit nou verbind is deur 'n isthmus nadat die stad reeds lankal daarna uigebrei het. Die stad is gestig nadat Britanje die eiland in 1887 aan Frankryk afgestaan het. Dit word die hoofstad van Guinée Française in omtrent 1904 en maak opgang as 'n uitvoerhawe, veral nadat 'n (nou geslote) spoorlyn na Kankan open.
[wysig] Conakry vandag
Vandag het die stad langs die skiereiland gegroei omvyf hoof distrikte te vorm. Van die punt in die suidweste is die distrikte: Kaloum (die middestad), Dixinn (insluitend die Universiteit van Conakry en baie ambassades), Ratoma (bekend vir sy naglewe), Matam en laastens Matoto, tuiste van die Gbessia Lughawe.
Besienswaardighede en toeristeaantreklikhede in die in stad sluit in die Guinee Nasionale Museum, verskeie markte, die Guinea Palais du Peuple, Conakry Grand Mosque, die stad se naglewe en die naby geleë Iles de Los.
Die stad is bekend vir sy botaniese tuine. Die Polytechnical Institute of Conakry is ook in Conakry geleë.
Die straat nommeringskema van Conakry merk alle strate met KA, gevolg deur 'n drie-syfer getal: onewe vir noord-suid strate en ewe vir oos-wes, b.v. KA002.
[wysig] Ekonomie
Conakry is Guinea se grootste stad en die administratiewe, kommunikasie, en ekonomiese middelpunt. Die stad se ekonomie wentel om die hawe, wat moderne fasiliteite vir die hantering en stoor van goedere het, waardeur alumina en piesangs verskeep word. Vervaardigers sluit voedsel produkte en motors in.