See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Bouillon (België) - Wikipedia

Bouillon (België)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Bouillon - die stad en die burg (foto geneem deur Jean-Pol Grandmont)
Bouillon - die stad en die burg (foto geneem deur Jean-Pol Grandmont)

Bouillon is 'n stad in die Belgiese provinsie Luxemburg (Wallonië), sowat 153 kilometer suidoos van Brussel, met 'n oppervlakte van 149,09 km² en 5 550 inwoners (1 Januarie 2004).

Die stad lê in die vallei van die Semoisrivier, te midde van die bosgebied van die Ardenne-gebergte. Danksy die strategiese ligging by die handelsweg tussen die Duitse Eifelgebied en die Franse Champagne speel Bouillon in die Middeleeue 'n belangrike rol. Die bekendste boorling van die stad is Godfried van Bouillon, 'n deelnemer van die Eerste Kruistog, wat hier sy burg laat oprig. Die indrukwekkende gebou bo-oor die vallei is die oudste Belgiese monument uit die tydperk van die feodalisme en 'n goeie voorbeeld vir die beskerming en tegelykertyd oorheersing van 'n bepaalde streek vanuit 'n strategies geleë burg.

Die historiese monumente en die natuurskoon van die omgewing maak van Bouillon 'n gewilde toeristebestemming.

[wysig] Besienswaardighede

  • Die burg van Godfried van Bouillon staan tussen die lente en najaar oop vir besoekers. Die Godfried van Bouillon-museum herinner aan die tyd van die Kruistogte.
  • 'n Gebou uit die 18de eeu huisves die Hertoglike Museum, wat die folklore en geskiedenis van die streek behandel.
  • Die vallei van die Semois en die Tombeau de Géant ("Graf van die Reus") is deel van die skilderagtige natuurskoon van die omgewing van Bouillon.
Bouillon - die burg en die ou brug oor die Semoisrivier (foto geneem deur Jean-Pol Grandmont)
Bouillon - die burg en die ou brug oor die Semoisrivier (foto geneem deur Jean-Pol Grandmont)


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -