See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Belo Horizonte - Wikipedia

Belo Horizonte

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Belo Horizonte

Kaart Wapen
Vlag
 Land Brasilië
 Deelstaat Minas Gerais
 Koördinate 19°53' S, 43°56' W
 Stigting 1701
 Inkorporasie 12 Desember 1897
 Oppervlak:  
 - Totaal 330,9 vk km
 Hoogte bo seevlak 852 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 2 438 526
 - Bevolkingsdigtheid 4 781/vk km
 - Metropolitaanse gebied 5 357 942
 Tydsone UTC -3
 - Somertyd UTC -2
 Burgemeester Fernando da Mata Pimentel (PT)
 Amptelike Webwerf belohorizonte.mg.gov.br

Belo Horizonte [bɛloɾiˈzõtʃi] - die Portugese naam beteken "mooi horison" - is die hoofstad van die deelstaat Minas Gerais in die Suidoostelike Streek van Brasilië met 'n bevolking van sowat 2,4 miljoen en die derde grootste metropolitaanse gebied in Brasilië met 5,4 miljoen inwoners. Belo Horizonte, wat in die omgangstaal volgens sy Portugese voorletters "BH" dikwels net "Beagá" genoem word, is die ekonomiese en kulturele sentrum van Minas Gerais, die vyfde grootste deelstaat van Brasilië.

Oscar Niemeyer se Igreja da Pampulha
Oscar Niemeyer se Igreja da Pampulha

Belo Horizonte lê in 'n heuwelagtige gebied met ryk afsettings van ysterterts, mangaan, chroom, goud en diamante. Minas Gerais se oorspronklike uitgestrekte bosgebiede het lankal die myn- en landbou ten prooi geval. Tans is Eukaliptus-plantasies die belangrikste bron van houtkole wat in die swaar nywerhede benodig word.

Die eerste nedersettings ín die gebied het in die vroeë 1700's ontstaan, maar die huidige stad is eers in die 1890's ontwerp en gebou om Ouro Preto as hoofstad van Minas Gerais te vervang. Belo Horizonte staan vandag onder meer vir die kontras tussen geskiedkundige en moderne geboue bekend en pronk met 'n groot aantal bekende voorbeelde van moderne Brasiliaanse argitektuur, waaronder veral die Pampulha-kerk (Portugees: Capela de São Francisco de Assis of Igreja da Pampulha), wat deur die bekende argitek Oscar Niemeyer ontwerp is.

Hoofstede van Brasilië Brasilië Drapeau du Brésil

Aracaju | Belém | Belo Horizonte | Boa Vista | Brasília | Campo Grande | Cuiabá | Curitiba | Florianópolis | Fortaleza | Goiânia | João Pessoa | Macapá | Maceió | Manaus | Natal | Palmas | Porto Alegre | Porto Velho | Recife | Rio Branco | Rio de Janeiro | Salvador | São Paulo | São Luís | Teresina | Vitória


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -