Astrachan
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Astrachan (Russies: А́страхань; Tataars-taal: Ästerxan), is 'n groot stad in die Suid-Europese deel van Rusland. Dit is die administratiewe sentrum van die Astrachan-oblast. Die stad is geleë aan die Wolga-rivier, waar dit in die Kaspiese See uitmond. Met die laaste sensus in 2002 is die inwoners op 504,501 geskat.