See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Arcachon - Wikipedia

Arcachon

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Le Moulleau, die westelike gedeelte van Arcachon, met die sandduin Dune du Pyla in die agtergrond
Le Moulleau, die westelike gedeelte van Arcachon, met die sandduin Dune du Pyla in die agtergrond

Arcachon (in Gaskoniese Oksitaans Arcaishon) is 'n dorp en strandoord in die Suidwes-Franse département Gironde (région Akwitanië) met 'n oppervlak van 7,56 vierkante kilometer en 11 454 inwoners (1999). Die dorp in die historiese gewes Gascogne maak deel uit van die arrondissement Bordeaux en vorm sy eie kanton. Sy inwoners word in Frans les Arcachonnais genoem.

[wysig] Geografie

Die sanndduin Dune du Pyla
Die sanndduin Dune du Pyla

Arcachon lê teen die suidelike oewer van die Bassin d'Arcachon, in die bosgebied van Landes. Die dorp staan onder meer bekend vir sy oesterteelt. Suid van die luukse voorstede Pilat-Plage en Pyla lê die Dune du Pyla (dikwels ook Dune du Pilat genoem), die grootste sandduin in Europa met 'n hoogte van sowat 110 meter, 'n lengte van meer as twee kilometer en 'n voetwydte van sowat 500 meter. Die sandduin bevat sowat sestig miljoen kubieke meter sand en beweeg tussen een en vyf meter per jaar landinwaarts.

Arcachon bestaan uit 'n aantal dorpswyke, waaronder vier sogenaamde "Villes" (Ville d'Hiver of Winterdorp, Ville de Printemps of Lentedorp, Ville d'Été of Somerdorp, en Ville d'Automne of Herfsdorp), en Les Abatilles en Le Moulleau.

[wysig] Demografie

Teenoor die sensus van 1990 (47 141 inwoners) het die bevolking van die agglomerasie van Arcachon volgens die sensus van 1999 met 15 persent gegroei tot 54 204. Naas Arcachon is La Teste de Buch met 22 970, Gujan-Mestras met 14 958 en Le Teich met 4 822 inwoners die grootste dorpe in die agglomerasie. Terwyl Arcachon se inwonertal weens die gebrek aan beskikbare erwe in die laaste jare gekrimp het, het die ander dorpe sterk gegroei.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -