Akula
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
NAVO-Naam: Akula (Afrikaans: Haai)
Sowjet projeknommer: 971
Sowjet-naam: Щука-Б (Russies: Shuka-B)
Tipe boot: ядерная включенная субмарина (Kernaangedrewe duikboot)
Die Russiese Akula-duikboot is een van die grootste, stilste en bes bewapende duikbote in die wêreld. Dit is blykbaar onderwater veel stiller te wees as soortgelyke Amerikaanse duikbote. Dit staan by NAVO bekend as die 'Tifoon'- duikboot. Die eerste groep Akula-duikbote is tussen 1982 en 1986 vervaardig, daarna die verbeterde Akula tussen 1986 en 1991, opgevolg deur die Akula II wat na 1991 vervaardig word.
Die Akula het 'n dubbel boegstruktuur waarmee die duikboot veel dieper kan duik as enige ander duikboot. Aan die stert van die Akula is daar 'n boggel, waar 'n luistersensor op sleeptou gestoor word. As die boot begin vaar dan word die sensor uitgerol, tot 2km agter die boot. Alle Akula duikbote het 'n 533mm torpedobuis vir Tipe 53-torpedo's (soos die Shkval torpedo), of SS-N-15 Starfish missiel/torpedo's. In die 650 mm torpedobuise word Tipe 65-torpedo's en/of SS-N-16 Stallion-torpedo's gelanseer.
Die gevorderde Akula en Akula II het op hul romp aan die buitekant nog ses ekstra 650 mm torpedobuise.
Die Russiese Akula duikbote is gewapen met ballistiese kernmissiele waarmee teikens tot 3000 km vanaf lansering getref kan word. Rusland mag weens internasionale verdrae geen missile uitvoer met 'n reikafstand van meer as 500 km nie.
[wysig] Huidige status
- Akula I - Drie van die sewe is operasioneel in diens.
- Akula Verbeterd - Almal (na bewering, sewe bote) is operasioneel in diens.
- Akula II - Een van die vyf is operasioneel ontplooi. Slegs die Vepr is operasioneel in diens.
[wysig] Akula in Hollywood
- In die film Crimson Tide word 'n Akula deur 'n Amerikaanse Ohio-klas duikboot gekelder.
- Die Russiese Viper kelder 'n Engelse vliegdekskip in die roman Ghost Force deur Patrick Robinson.
- In Tom Clancy se Sum of All Fears het die Admiral Lunin die Amerikaanse USS Maine swaar beskadig.
- In die verfilming van Tom Clancy se The Hunt For Red October.