Absa
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Absa Groep Beperk (JSE: ASA), wat ook bekendstaan as ABSA of Absa, is die grootste verbruikersbank in Suid-Afrika. Dit is gebaseer in Johannesburg en het 33 166 werknemers - plaaslik sowel as internasionaal.
[wysig] Geskiedenis
Amalgamated Banks of South Africa is in 1991 gestig deur die United, Allied en Volkskas Groepe. Dít was gevolg deur die oorname van Bankorp Groep (wat TrustBank en Bankfin ingesluit het) in 1992. Hierdie banke het almal steeds onder hul eie name handel gedryf tot en met 1998, toe die United, Volkskas, Allied en TrustBand tot een handelsnaam gesmelt het. Die naam was na Absa Groep Beperk verander in 1997. In 2005 het Barclays Bank van die Verenigde Koninkryk 'n 56,5% aandeel in Absa gekoop.
[wysig] Organisasie
Absa Groep Beperk is in verskeie seksies gestruktureer wat verskeie dienste lewer.