Katakana
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Katakana (片仮名, カタカナ of かたかな?) is 'n Japannese lettergreepskrif, een van die onderdele van die moderne Japannese skryfstelsel, te same met hiragana en kanji; en rōmaji; die gebruik van die Latynse alfabet in Japannees.[1] Hiragana en katakana is beide kana-stelsels waarin elke simbool 'n mora (klankeenheid) voorstel. Die woord katakana beteken "fragmentariese kana," aangesien die katakana karakters afgelei is van komponente van die meer komplekse kanji.
Katakana word gekenmerk deur kort, reguit, hale en skerp hoeke, en is die eenvoudigste van die Japannese skrifte.
Daar is twee hoof stelsels vir die rangskikking van katakana: die outydse iroha-rangskikking, en die meer algemene gojūon-rangskikking.
[wysig] Geskeidenis
Katakana is in die vroeë Heian-Tydperk ontwikkel uit dele van man'yōgana karakters, die verkorte Sjinese karakters wat deur Boeddhiste monnike gebruik is om die korrekte uitspraak van Sjinese tekste aan te dui in die 9de eeu, as 'n soort fonetiese snelskrif.[2] Aanvanklik was daar baie verskillende simbole wat 'n enkele lettergreep in gesproke Japannees voorgestel het, maar mettertyd is die stelsel vereenvoudig. Teen die 14de eeu was daar oor die algemeen 'n eenduidige ooreenkoms tussen gesproke en geskrewe lettergrepe.[3]
'n Voorbeeld van die ontwikkeoing van katana is, ka カ wat afkomstig is van die linkerkant van ka 加 "vermeerder". Die tabel na regs vertoon die oorsprong van elke katakana: die rooi merke van die oorsponklike Sjinese karakters het uiteiondelik die ooreenstemmnde simbool geword.
[wysig] Katakanatabel
Die onderstaande tabel gee die katakana saam met hulle Hepburn romanisering aan. Die eerste kaart vertoon die standaard katakana (karakters in rooi is uitgedien, en karakters in groen is moderne toeveogings tot die katakana wat hoofsaaklik gebruik word om klanke uit ander tale voor te stel). Om katana te leer lees word bemoeilik deur die ooreenkomste tussen die verskillende karakters. Shi シ en tsu ツ , so wel as so ソ en n ン , lyk byvoorbeeld in gedrukte vorm baie soortgelyk behalwe vir die helling en haal-vorm. (hierdie verkille in helling en vorm is meer prominent wanneer met 'n inkborsel geskryf word as gevolg van die rigtings van die hale.)
klinkers | yōon | ||||||
ア a | イ i | ウ u | エ e | オ o | ya | yu | yo |
---|---|---|---|---|---|---|---|
カ ka | キ ki | ク ku | ケ ke | コ ko | キャ kya | キュ kyu | キョ kyo |
サ sa | シ shi | ス su | セ se | ソ so | シャ sha | シュ shu | ショ sho |
タ ta | チ chi | ツ tsu | テ te | ト to | チャ cha | チュ chu | チョ cho |
ナ na | ニ ni | ヌ nu | ネ ne | ノ no | ニャ nya | ニュ nyu | ニョ nyo |
ハ ha | ヒ hi | フ fu | ヘ he | ホ ho | ヒャ hya | ヒュ hyu | ヒョ hyo |
マ ma | ミ mi | ム mu | メ me | モ mo | ミャ mya | ミュ myu | ミョ myo |
ヤ ya | ユ yu | ヨ yo | |||||
ラ ra | リ ri | ル ru | レ re | ロ ro | リャ rya | リュ ryu | リョ ryo |
ワ wa | ヰ wi | ヱ we | ヲ wo 1 | ||||
ン n | |||||||
ガ ga | ギ gi | グ gu | ゲ ge | ゴ go | ギャ gya | ギュ gyu | ギョ gyo |
ザ za | ジ ji | ズ zu | ゼ ze | ゾ zo | ジャ ja | ジュ ju | ジョ jo |
ダ da | ヂ (ji) | ヅ (zu) | デ de | ド do | ヂャ (ja) | ヂュ (ju) | ヂョ (jo) |
バ ba | ビ bi | ブ bu | ベ be | ボ bo | ビャ bya | ビュ byu | ビョ byo |
パ pa | ピ pi | プ pu | ペ pe | ポ po | ピャ pya | ピュ pyu | ピョ pyo |
ヴァ va | ヴィ vi | ヴ vu | ヴェ ve | ヴォ vo | ヴャ vya | ヴュ vyu | ヴョ vyo |
シェ she | |||||||
ジェ je | |||||||
チェ che | |||||||
スィ si | |||||||
ズィ zi | |||||||
ティ ti | トゥ tu | テュ tyu | |||||
ディ di | ドゥ du | デュ dyu | |||||
ツァ tsa | ツィ tsi | ツェ tse | ツォ tso | ||||
ファ fa | フィ fi | フェ fe | フォ fo | フュ fyu | |||
2 yi | ( 2) イェ ye | ||||||
ウィ wi | 2 wu | ウェ we | ウォ wo | ||||
(クヮ) クァ kwa | クィ kwi | クェ kwe | クォ kwo | ||||
(グヮ) グァ gwa | グィ gwi | グェ gwe | グォ gwo |
- 1: ヲ ("wo") klink dieselfde as オ ("o"), maar dit word selde gebruik behalwe wanneer die ooreenstemmende hiragana in 'n slegs-katana omgewing voorgestel moet word.
- 2: Hierdie katakana is in die onderwysstelsel ingevoer in die vroeë Meiji-tydperk, maar het nooit wydverspreid geword nie.[4][5]
[wysig] Verwysings
- ^ Omniglot, Japanese (Nihongo), Besoek op 2 Februarie 2008
- ^ Matthew White, The Japanese Writing System, California State University, Chico, Besoek op 2 Februarie 2008
- ^ Omniglot, Japanese Katakana, Besoek op 2 Februarie 2008
- ^ 「いろは と アイウエオ」
- ^ 伊豆での収穫