Betadeeltjie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Betadeeltjies (simbool: β) is vinnig-bewegende elektrone wat deur talle radioaktiewe elemente afgegee word. Dit is kleiner en meer deurdringend as alfadeeltjies, maar word steeds relatief maklik afgeskerm. Betadeeltjies is negatief gelaai en kan baie verder as alfadeeltjies deur lug beweeg, maar word deur ‘n paar millimeter van die meeste materiale gekeer. Dit is moontlik dat daar ‘n risiko kan ontstaan vir ‘n mens indien sy of haar vel deur radioaktiewe elemente, wat betastrale afgee, gekomtamineer word.