See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ayn Rand - Wikipedia

Ayn Rand

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Ayn Rand (Alissa "Alice" Zinovievna Rosenbaum - Russies: Алиса Зиновьевна Розенбаум) (St Petersburg, 2 Februarie 1905New York Stad, 6 Maart 1982) was 'n skryfster en stigter van die 20e eeuse filosofiese beweging bekend as die objektivisme. Sy is veral in die Verenigde State bekend maar haar boeke verkoop wêreldwyd. Sy is in Rusland gebore en het in 1926 na die VSA gegaan, waar sy die teorieë van Aristoteles laat herleef het en aangesluit by haar eie teorieë (soos haar bewondering van die kapitalisme). Sy het veral bekendheid verwerf met haar boeke The Fountainhead (geïnspireer deur Frank Lloyd Wright) en Atlas Shrugged (geïnspireerd deur Nikola Tesla) maar het nog vele ander boeke geskryf.

Inhoud

[wysig] Agtergrond

Ayn Rand se naam was Alissa Zinovievna Rosenbaum. Sy is gebore op 2 Februarie 1905 in St Petersburg, Rusland. Haar vader was Zinovy Zakharovich Rosenbaum en haar moeder Anna Borisovna Rosenbaum. Sy was die oudste dogter en het twee susters, Natasha (1907) en Eleanora (1910, noemnaam 'Nora'). Haar ouers en suster Natasha het nie die Tweede Wêreldoorlog oorleef nie. Sy het haar suster Nora eers weer in 1973 gesien. Tot dan het sy geglo dat sy ook in die oorlog gesterf het. Nora sterf in 1999 in Rusland. Haar ouers was van Joodse afkoms maar was agnosties. Alisa beskou haarself al op 'n jong leeftyd as 'n ateïs.

[wysig] Jeug en studie

Alisa ontwikkel op 'n jong leeftyd 'n belangstelling in boeke en films en begin al vroeg skryf. Haar jeugdhelde was die skrywers Walter Scott, Alexandre Dumas, Victor Hugo en ander skrywers in die romantieke styl. Vanweë die Russiese revolusie in 1917 vlug die gesin Rosenbaum na die Krim, maar toe die gebied in 1921 ook in die hande van die Bolsjewiste val, keer hulle tog maar weer terug na St. Petersburg, waar Alissa filosofie en geskiedenis gaan studeer aan die universiteit. Hier kom sy in aanraking met die werke van Edmond Rostand, 'n skrywer uit die Franse romantiek, en Schiller wie se heroïese styl haar beïndruk. Ook Friedrich Nietzsche bewonder sy weens sy verheerliking van die heroïse en die onafhanklike individu, maar sy verafsku die altruïsme in "Also sprach Zaratustra". In 1924 voltooi sy haar opleiding en begin om toneelskryf te studeer.

[wysig] Emigrasie

Toe sy 'n visum kry om haar familie in die Verenigde State te besoek, gebruik sy die kans om na die VSA te immigreer. Met haar aankoms in New York Stad bewonder sy veral die stadsprofiel van dié stad. Later sou sy onder andere in haar boeke nog gereeld oor New York Stad skryf, terwyl sy ook uiteindelik daar gewoon het.

[wysig] Die Hollywood-jare

Na verblyf van 'n paar maande by familie in Chicago verhuis sy na Hollywood om daar 'n draaiboekskryfster te word. In hierdie tydperk neem sy die naam Ayn Rand aan, gebasseer op die manier waarop haar van Rosenbaum in die Cyrilliese alfabet geskryf staan op haar diploma. Die teorie dat sy haar naam ontleen aan die Remington Rand tikmasjien is nie moontlik nie, omdat sy die naam al gebruik voordat die masjien op die mark kom.

In Hollywood ontmoet sy Cecil B. DeMille en kry in 1927 'n klein rolletje in King of Kings. Naas die klein filmrolletjie werk sy ook as 'n draaiboek leser en werk ook as the hoof van die kostuumafdeling by RKO rolprentstudio. Sy leer die akteur Frank O'Connor ken met wie sy trou. In 1931, word Rand 'n genaturaliseerde Amerikaanse burger.

[wysig] Eerste sukses

Haar sukses as skrywer begin stadig. Sy verkoop haar eerste draaiboek, Red Pawn, in 1932 aan Universal maar dit word nooit verfilm nie. In 1934 word haar toneelstuk The Night of January 16th op Broadway opgevoer.

[wysig] Haar suksesvolle boeke

In 1936 word We The Living gepubliseer en twee jaar later Anthem. We The Living word as gevolg van die fel anti-kommunistiese toon met gemengde reaksie ontvang in die VSA. Die tyd van die groot depressie (ook soms die Rooi Dekade genoem) was daar wydverspryde simpatie vir die sosialisme onder die Amerikaanse bevolking. Vir Anthem, 'n boek waarin 'n futuristiese saamelewing beskyf word en waar die kollektivisme triomfeer, kon sy in die VSA geen uitgewer vind nie en word die boek uitgee in die Verenigde Koninkryk. Haar groot sukses kom egter met die blitsverkoper The Fountainhead in 1943. Die boek was toe reeds deur twaalf uitgewers afgewys. Die uitgewers vind die boek te intellektueel en nie in pas met hoofstrominge van die tyd nie. Nommer dertien (Obbs-Merrill Company Publishing House) besluit om die boek uit te gee. Die boek het wêreldwyd 'n sukses geword en sowat 6 miljoen boeke is verkoop. In 1949 word die boek verfilm met Gary Cooper in die hoofrol. In 1957 verskyn die allegoriese Atlas Shrugged, nog 'n blitsverkoper wat wetenskapfiksie en 'n politieke boodskap verbind waarin 'n antikollektiewe staking uitgeroep word deur die bestuur van die VSA groot industrie, 'n maatskappy van selfgeskepte mans.

In 'n artikel oor Rand wat verskyn het in die The Economist in 1991, word gestel dat "Rand se romans verkoop ongeveer 300 000 kopieë 'n jaar, wat 'n oproep doen op lesers om groot te dink oor hulself, ambisieuse take aan te pak en baie te verdien. Nuwe uitgawes van al haar boeke bevat 'n poskaart aan die lesers wat moontlik belangstel om meer te leer van objektivisme, die skryfster se credo, 'n mengsel van vryemark- beginsels, rede en individualisme."

[wysig] Die Objektivisme

Rand is die grondlegger van die objektivisme. Saam met Nathaniel Branden, sy vrou Barbara, en andere, waaronder Alan Greenspan en Leonard Peikoff, stig sy die Objektivistiese Beweging. In 1968 ontwikkel 'n breuk in die samewerking tussen die egpaar Branden en Rand.

Die politieke filosofie van objektivisme onderlê Rand se werk. Dit is 'n diepiggende konserwatiewe filosofie wat individuele poging en vermoë as die enigste bron van alle werklike sukses beskou. Die navolging van eie belang word deur haar verhef tot die eerste beginsel. Idees soos altruisme en opoffering vir die gemeeskaplike goed word deur haar beskou as liberale mistastings. Laissez-faire kapitalisme word beskou as die mees geskikte stelsel vir die uitoefening van talent.

[wysig] Haar laatste jare

Na haar breuk met die Brandens val die beweging uiteen en verbreek baie van haar vriende kontak met haar. Slegs Leonard Peikoff bly met haar bevriend tot haar dood in 1982. Sy werk gedurende die jare 70 aan 'n draaiboek vir ‘n TV reeks van Atlas Shrugged en ‘n nuwe roman "To Lorne Dieterling", maar kon beide projekte nooit afrond nie.

[wysig] Nalatenskap

Rand se romans word steeds wyd verkoop en gelees. Na haar dood het volgehoue konflik binne die objektivistiese beweging gelei tot die totstandkoming van onafhanklike groepe wat beweer hulle is haar intelektuele erfgename. Rand en objektivisme is minder bekend buite Noord-Amerika. Daar is egter verskeie ondersteuners ook in Europa, Australië, Nieu-Seeland en selfs Suid-Afrika.

Rand se werk word grootliks deur akademiese filosowe in die Engelssprekende wêreld geignoreer. Min leidende navorsingsingestelde universiteite beskou Rand se werk of objektivisme as belangrike filosofiese spesialiteite of geskik vir navorsing nie. Ondersteuners van veral kontinetale filosofie kritiseer haar ophemeling van eiebelang en gevolglik word daar nie op haar filosofie gefokus nie. Sedert haar dood was daar wel 'n mate van groter geneentheid by akademiese strukture om tog kennis te neem van haar filosofie. In die verband is daar byvoorbeeld beurse vir die studie van Rand se idees aan akademiese instellings soos die Universiteit van Texas in Austin, Ashland Universiteit in Ohio en die Universiteit van Pittsburgh. Kursusse van die Ayn Rand Instituut se Objektivis Akademiese Sentrum word geakrediteer in die VSA, wat beteken studente kan krediete verdien wat aan Amerikaanse universiteite erken word vir die bestudering van objektivisme.

[wysig] Bibliografie

[wysig] Fiksie

  • Night of January 16th (1934)
  • We The Living (1936)
  • Anthem (1938)
  • The Fountainhead (1943)
  • Atlas Shrugged (1957)

[wysig] Nie-fiksie

  • For the New Intellectual (1961)
  • The Virtue of Selfishness (met Nathaniel Branden) (1964)
  • Capitalism: The Unknown Ideal (met Nathaniel Branden, Alan Greenspan, en Robert Hessen) (1966)
  • Introduction to Objectivist Epistemology (1967)
  • The Romantic Manifesto (1969)
  • The New Left: The Anti-Industrial Revolution (1971)
  • Philosophy: Who Needs It (1982)

[wysig] Eksterne Skakels


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -