See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Wena Naudé - Wikipedia

Wena Naudé

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Agnes Alwena (Wena) Naudé (31 Desember 1905, Volksrust – 6 September 1978, Pretoria) was ’n Afrikaanse aktrise. Sy was een van die pioniers van die Afrikaanse toneelkuns.

Wena het haar loopbaan in 1925 in Pretoria begin onder Paul de Groot. Sy was onder meer lid van die geselskappe van Hendrik Hanekom en André Huguenet wat van dorpie tot dorpie gereis het met hulle toneelstukke. In 1954 het sy die erepenning vir toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang.

Wena was getroud met Willem van Zyl. Hulle het ’n dogter, Nilo, gehad.

[wysig] Toneelstukke

Van die toneelstukke waarin sy gespeel het, is:

  • Huis Toe
  • Oorskotjie
  • Die Heks
  • As Mans Huishou
  • Die Uur van Vergelding
  • By die Ou Meulstroom
  • Die Brug op Ons Plaas
  • Die Wit Perde van Rosmersholm
  • Die Lewe Wat Ek Jou Gegee Het
  • Waar Vergiffenis Kon Red
  • Op Hoop van Seën

[wysig] Rolprente

Sedert 1947 het sy in meer as dertig Suid-Afrikaanse rolprente gespeel. Van hulle is:

Rolprent Jaar Regisseur
Sarie Marais 1947
Hans die Skipper 1953
Basie 1961
As Ons Twee Eers Getroud Is 1962
Hoor My Lied 1967 Elmo de Witt
Oupa for Sale 1968 Richard Daneel
Doctor Kalie 1968 Ivan Hall
Cry Me a Teardrop 1974 Keith van der Wat
Boland 1974 Bertrand Retief
Jakkalsdraai se Mense 1975
Dingetjie Is Dynamite 1975
Troudag van Tant Ralie 1975 Ivan Hall
Daar Kom Tant Alie
Ma Skryf Matriek 1975 Franz Marx

[wysig] Literatuur

Botha, Danie. Voetligte en Applous! Die beginjare van die Afrikaanse Beroepstoneel. Pretoria: Protea Boekhuis, 2006. ISBN 1-86919-090-4.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -