See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika - Wikipedia

Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Daar is 788 Wêrelderfenisgebiede op aarde wat beskerm word om hulle natuurlike skoonheid om kulturele en geskiedkundige belangrikheid te bewaar. Plekke wat as Wêrelderfenisgebiede aangewys is kry nasionale en internasionale erkenning.

Ses plekke in Suid-Afrika is deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) tot Wêrelderfenisgebiede verklaar. Dit is:

Inhoud

[wysig] Die Kaapse Blommeryk (2004)

Die fynbosstreek van die Wes- en Oos-Kaap is onlangs weens die natuurlike skoonheid en wetenskaplike belangrikheid daarvan tot Wêrelderfenisgebied verklaar. Die gebied bestaan uit agt beskermde gebiede, wat die Kirstenbosch Nasionale Tuin en die De Hoop-natuurreservaat insluit. In totaal dek die gebied 553 000 hektaar grond wat besonder ryk is aan plantspesies, wat byna 20 persent van Afrika se flora verteenwoordig.

Die unieke flora van die streek is van besondere belang vir die wetenskap omdat 'n reuse verskeidenheid en digtheid van fynbosspesies op 'n relatief klein gebied voorkom. Die spesiedigtheid in die Kaapse Blommeryk is ook van die hoogste ter wêreld en dit word erken as een van die wêreld se 18 biodiversiteit brandpunte.

[wysig] Robbeneiland (1999)

Die geskiedkundige belangrikheid van Robbeneiland het in 1999 gelei tot die erkenning daarvan as Wêrelderfenisgebied. Robbeneiland is die afgelope vyf eeue as tronk, hospitaal en militêre basis gebruik. Talle van die geboue weerspieël die geskiedenis van die eiland as maksimum-sekuriteit gevangenis en simboliseer so die triomf van die menslike gees, van vryheid en demokrasie oor onderdrukking.

[wysig] Groter St. Lucia-Vleilandgebied (1999)

Die St. Lucia-vleilandgebied bevat 'n verskeidenheid landskappe, wat koraalriwwe, lang sandstrande, kusduine, merestelsels, moerasse en uitgebreide riet- en papirusvleilande insluit. Die geografiese verskeidenheid van die vleilande en hulle wisselwerking met klimaat-elemente het 'n besondere spesiediversiteit tot gevolg. Die mosaïek van grondvorms en habitattipes skep ook asemrowende skilderagtige uitsigte.

Die St. Lucia-gebied bestaan uit dertien beskermde gebiede met 'n totale omvang van 234 566 hektaar. Die gebied is die grootste riviermondingstelsel in Afrika en sluit die mees suidelike voorkoms van koraalriwwe aan die vasteland in. Sommige van die natuurlike kenmerke van die vleilande is: die groot aantal skilpaaie wat op die strande broei, die migrasie van walvisse, dolfyne en walvishaaie langs die kus en reuse getalle watervoëls. Die park spog ook met 'n besondere biodiversiteit wat sowat 521 voëlsoorte insluit.

[wysig] uKhahlamba Drakensberg (2000)

Die manjifieke geografiese kenmerke van die Drakensberg en die groot konsentrasie rotstekeninge in die gebied het gelei tot die uKhahlamba - Drakensbergpark se erkenning as Wêrelderfenisgebied.

Die gebied besit 'n uitsonderlike natuurskoon, met basaltiese rotsformasies wat uittroon, dramatiese valleie, goue sandsteen kranse, uitgestrekte hoogliggende grasvelde, ongerepte diep rivierklowe en rotsagtige skeure. Die verskeidenheid van habitats beskerm 'n hoë vlak van inheemse en wêreldwyd-bedreigde spesies, veral voëls en plante.

Daar is ook talle grotte en rotsskuilings met die grootste en mees gekonsentreerde groep tekeninge in Afrika, suid van die Sahara. Dié skilderye is oor 'n tydperk van 4 000 jaar deur die San gemaak. Die rotstekeninge is uitstaande wat gehalte en verskeidenheid van onderwerpe en die uitbeelding van mense en diere betref. Dit verteenwoordig die geestelike lewe van die San, wat nie meer in die gebied woon nie.

[wysig] Mapungubwe (2003)

As 'n gebied wat op die noordelike grens van Suid-Afrika geleë is, waar dit by Zimbabwe en Botswana aansluit, was Mapungubwe die grootste koninkryk op die subkontinent, voordat dit in die 14de eeu verlaat is. Die oorblywende paleis- en nedersettinggebiede, sowel as twee vroeëre hoofstadgebiede, bied 'n ongeëwenaarde blik op die ontwikkeling van maatskaplike en politieke strukture oor sowat 400 jaar.

Die Mapungubwe kulturele landskap bevat bewyse van 'n belangrike wisselwerking in menslike waardes wat gelei het tot verreikende kulturele en maatskaplike verandering in Suider-Afrika tussen 900 en 1300 AD. Die oorblyfsels is 'n merkwaardig volledige getuigskrif van die groei en daaropvolgende afname van die staat van Mapungubwe. Die oorblyfsels is 'n grafiese uitbeelding van die uitwerking van klimaatverandering en beeld die groei en afname van die koninkryk van Mapungubwe uit.

[wysig] Wieg van die Mensdom (1999)

Sien ook: Die Wieg van die Mensdom

Die Fossiel Hominide Plekke van Sterkfontein, Swartkrans, Kromdraai en die omliggende gebiede het oorvloedige wetenskaplike inligting opgelewer oor die evolusie van die menslike wese oor die afgelope 3.5-miljoen jaar, hulle lewenswyse en die diere waarmee hulle saamgeleef en wat hulle geëet het. Die landskap bewaar ook talle kenmerke van daardie oertyd.

Die Sterkfonteingebied bevat 'n besondere groot en wetenskaplik belangrike groep plekke wat lig werp op die vroegste voorouers van die mensdom. Dit vorm ook 'n uitgebreide spens van wetenskaplike inligting, waarvan die potensiaal amper onbeperk is.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -