See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Vervalproduk - Wikipedia

Vervalproduk

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

In kernfisika is 'n vervalproduk, ook bekend as 'n dogterproduk, dogterisotoop of dogternuklied, 'n nuklied wat ontstaan as gevolg van die radioaktiewe verval van 'n moeder isotoop of die voorganger nuklied. ie dogterproduk kan stabiel wees of dit kan verder verval om dogterprodukte van sy eie te vorm.

Vervalprodukte is uiters belangrik vir die verstaan van radioaktiewe verval en die bestuur van radioaktiewe afval.

In die praktyk is bykans alle vervalprodukte self ook radioaktief. Die resultaat hiervan is dat die meeste radionukliede nie eenvoudig 'n vervalproduk het nie, maar eerder 'n vervalketting, wat uiteindelik lei tot 'n stabiele nuklied. Vir elemente met atoomgetalle hoër as die van lood is die uiteindelike stabiele isotoop bykans altyd lood. Lood is met ander woorde die stabiele punt waar radioaktiewe verval stopgesit word.

In vele gevalle kan lede van die vervalketting selfs meer radioaktief wees as die oorspronklike nuklied. Dus al is uraan nie gevaarlik reaktief in die suiwer vorm nie, kan sommige stukke pikblende wat natuurlik voorkom relatief gevaarlik wees vanweë hul hoë radium inhoud. Op soortgelyke wyse kan thorium gasmantels net effens radioaktief wees wanneer dit nuut is, maar heelwat meer radioaktief wees nadat dit vir slegs 'n paar maande gestoor is.

Al kan dit nie voorspel word presies wanneer 'n gegewe atoom van 'n radioaktiewe stof sal verval nie, is die vervalprodukte uiters voorspelbaar. Om hierdie rede is vervalprodukte baie belangrik vir wetenskaplikes in verskeie vakgebiede waar die wetenskaplike moet weet waaruit die oorspronklike moederproduk bestaan het. Sulke studies word gedoen om besoedelingsvlakke (onder ander rondom kernfasiliteite) asook ander doeleindes gebruik.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -