Sinsbou
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Sintaksis of sinsleer het onder meer te doen met hoe sinne opgebou word, want die volgorde van die sin speel dikwels 'n belangrike rol by die betekenis wat oorgedra word. Voorbeelde waar sintaksis die betekenis kan verander:
- Cassie vertel 'n langer storie. Cassie vertel 'n storie langer.
- Dis ver van mooi af. Dis mooi van ver af.
[wysig] Sinstipes
Daar word tussen vier basiese sinstipes onderskei:
- Stelsinne
- Vraagsinne
- Bevelsinne
- Uitroepsinne