Sakefunksies
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Daar is agt sakefunksies wat met die studie wat bedryfsekonomie verband hou, naamlik die menslike hulpbronnefunksie, die algemene bestuursfunksie, die administrasie- en inligtingsfunksie, die aankoopfunksie, die produksiefunksie- en bedryfsfunksie, die finansiële funksie, die openbare betrekkinge-funksie, en die bemarkingsfunksie.
Die manier waarop die verskillende funksies vervul word, kan verskil na gelang van die grootte van die onderneming.