Saguenay
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Saguenay is die hoofstad van die administratiewe gebied Saguenay-Lac-Saint-Jean (Quebec, Kanada) en lê teen die Saguenayrivier.
Saguenay is in 2002 gevorm deur die samesmelting van die stede Chicoutimi, Jonquière en La Baie met die munisipaliteite van Laterrière, Lac-Kénogami, Shipshaw en 'n gedeelte van die munisipaliteit van die kanton Tremblay. Meer as 98 persent van die sowat 150 000 inwoners is Franstalig.
Die nuwe naam van die stad is deur 'n referendum bepaal, waarby die meerderheid van die bevolking die voorkeur aan die naam Saguenay gee.
[wysig] Ekonomie
Die primêre verwerking van die omgewing se natuurlike hulpbronne vorm die basis van die plaaslike ekonomie, soos byvoorbeeld die papier- en aluminiumvervaardiging. Hidroelektriese kragopwekking vind naby Shipshaw plaas.