Pieter II van Rusland
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Pieter II Keiser van die hele Rusland |
---|
Gebore | Sint Petersburg, 23 Oktober 1715 |
---|---|
Oorlede | Moskou, 30 Januarie 1730 |
Vorstehuis | Romanof |
Regeer | 1727-1730 |
Gekroon | 25 Februarie 1728 |
Ander titels | Tsaar |
Volle naam | Pieter Aleksejewitsj Romanof |
Voorganger | Katharina I |
Opvolger | Anna Ioannowna |
Vader | Aleksei Petrowitsj Romanof |
Moeder | Prinses Charlotte Christine van Brunswick-Wolfenbüttel |
{{{Voetnotas}}} |
Pieter II Aleksejewitsj (Russies: Пётр II Алексеевич) (23 October 1715 – 30 Januarie 1730) was van 1727 tot met sy dood keiser van Rusland. Hy was die enigste seun van Aleksei Petrowitsj, seun van Pieter die Grote, en prinses Charlotte Christine van Brunswick-Wolfenbüttel. Hy was ook die enigste kleinseun van Pieter I deur die manlike lyn.
Pieter word op 23 Oktober 1715 in Sint Petersburg gebore. Van kleins af word die weeskind in streng afsondering gehou en gedurende die bewind van Katharina I grootliks geïgnoreer, maar net voor haar dood word dit vir die mense met die mag duidelik dat die kleinseun van Pieter die Grote nie langer sy erfreg ontken kan word nie. Die grootste deel van die volk en die adel is aan sy kant. Op 18 Mei 1727 word Pieter II verklaar tot tsaar nadat hy in Katharina I se testament as haar opvolger aangewys is.
Aleksander Danilowitsj Mensjikof neem Pieter II onder sy vlerk en beplan om hom met sy dogter Maria te laat trou. Die skema val plat met Mensjikof se val in September 1727, maar Pieter beland toe in die hande van die ewe beginsellose prins Wasili Loekitsj Dolgoroekof, wat hom van Sint Petersburg na Moskou neem. Hier word Pieter se kroning op 25 Februarie 1728 gevier. Hy raak verloof aan sy mentor se niggie prinses Katharina Dolgoroekowa en die troue word gereël vir 30 Januarie 1730. Op dié spesifieke dag sterf die jong keiser egter aan pokke. Terwyl hy op sterwe lê, word sy aanstaande vrou by hom in die bed gedwing in ’n desperate poging om haar swanger te maak.
Pieter II is die enigste tsaar ná Pieter die Grote wat in die Kremlin begrawe is.
Met Pieter se dood kom die direkte manlike lyn van die Huis van Romanof tot ’n einde. Hy word opgevolg deur Anna Ioannowna, dogter van Pieter die Grote se halfbroer en mede-tsaar Iwan V.
Tsare en keisers van Rusland | |||||
|