Meter per sekonde
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Meter per sekonde is 'n SI afgeleide eenheid van spoed (skalaar) en snelheid (vektor), wat gedefinieer word deur die afstand in meter gedeel deur die tyd in sekonde. Die simbool word algemeen as m·s-1 of m/s geskrywe. Meter per sekonde is 'n vektor.
[wysig] Omskakelings
1 meter per sekonde is gelyk aan:
- 3,2808 voet per sekonde (afgerond)
- 2,2369 myl per uur (afgerond)
- 3,6 km/h (presies)
- 1 voet per sekonde = 0,3048 meter per sekonde (presies)
- 1 myl per uur = 0,4471 meter per sekonde (afgerond)
- 1 km/h = 0,2778 meter per sekonde (afgerond)
[wysig] Sien ook
- kilometer per uur