Mauna Kea
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Mauna Kea | |
soos gesien vanuit die Kohala-berg |
|
Hoogte | 4 205 (voet tot piek: 10 205) meter |
Breedtegraad | {{{graad1}}}° {{{minuut1}}}' |
Lengtegraad | {{{graad2}}}° {{{minuut2}}}' |
Koördinate | 19°49′15.7″N, 155°28′06.0″W' |
Ligging | Big Island, Hawaiï (VSA) |
Gebergte | Hawaiï-Emperor-bergreeks |
Eerste bestyging | |
Eenvoudigste roete | |
Ouderdom gesteente | 400 000 jaar |
Tipe | Skildvulkaan |
Laaste uitbarsting | ~2460 v.C. ± 100 jaar |
{{{overig}}} |
Mauna Kea is 'n slapende vulkaan op Big Island (Hawaiï), die grootste eiland van die Amerikaanse deelstaat Hawaiï, en een van altesaam vyf vulkane waaruit hierdie eiland bestaan. Pu'u Wekiu, een van talle slakkekeëls op die piekplato, is die hoogste punt in die deelstaat met 'n hoogte van 4 205 meter (13 796 voet) bo seevlak.
Mauna Kea is een van die hoogste bergspitse ter wêreld as 'n mens sy hoogte vanaf die voet meet wat ten 'n diepte van 5 800 meter (19 000 voet) onder die seespieël van die Stille Oseaan lê. Mauna Kea bereik sodoende 'n totale hoogte van 10 205 meter (33 000 voet).
In die inheemse Hawaiïese taal beteken Mauna Kea letterlik "Wit Berg", 'n verwysing na sy piek wat gedurende die wintermaande gewoonlik met sneeu bedek is.
Mauna Kea het in die 1960's bekendheid verwerf as die oefenterrein vir die astronaute van die Apollo-ekspedisies en staan vandag veral bekend vir sy sterrewagte teen 'n hoogte van 3 400 meter.