See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Markovproses - Wikipedia

Markovproses

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

In waarskynlikheidsleer is ‘n Markovproses ‘n stogastiese proses wat as volg gekarakteriseer word: Die toestand ck op tydstip k is een van ‘n eindige aantal in die reeks \{1,\ldots,M\}. Onder die aanname dat die proses slegs van tyd 0 tot tyd N loop en dat die aanvanklike en eind toestande bekend is, word die toestandopeenvolging dan voorgestel deur ‘n eindige vektor C = (c0,...,cN).

Laat P(ck | c0,c1,...,c(k − 1)) die waarskynlikheid (kans dat dit sal gebeur) van die toestand ck op tyd k bepaal deur alle toestande tot tyd k − 1 aandui. Veronderstel ‘n proses sodanig dat ck slegs van die vorige toestand ck − 1 afhang en onafhanklik is van alle vorige toestande. Die proses sou bekend staan as ‘n eerste-orde Markovproses. Dit beteken dat die waarskynlikheid om in ‘n toestand ck te wees op tyd k, gegee alle toestande tot tyd k − 1 slegs van die vorige toestand afhang, d.w.s. ck−1 op tyd k − 1:

P(c_k|c_0,c_1,\ldots,c_{k-1})=P(c_k|c_{k-1}).\,

Vir ‘n nde-orde Markovproses,

P(c_k|c_0,c_1,\ldots,c_{k-1})=P(c_k|c_{k-n},\ldots,c_{k-1}).\,

In die algemeen, vir die Viterbialgoritme, word aangeneem dat die onderliggende proses ‘n Markovproses is met die volgende eienskappe:

  • eindige-toestand, dit beteken die getal M is eindig.
  • diskrete-tyd, dit beteken dat oorgang van een toestand na ‘n volgende dieselfde tydeenheid neem.
  • waargeneem in geheuelose ruis, dit beteken dat die opeenvolging van waarnemings waarskynlikheidsgewys slegs afhang van die vorige opeenvolging oorgange.

[wysig] Kyk ook

[wysig] Verwysings


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -