See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ikea - Wikipedia

Ikea

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Wêreldkaart wat die ligging van IKEA-meubelwinkels in die jaar 2007 wys. Groen verwys na winkels wat reeds geopen is, terwyl blou lande verteenwoordig waar IKEA-winkels in die nabye toekoms geopen sal word
'n Wêreldkaart wat die ligging van IKEA-meubelwinkels in die jaar 2007 wys. Groen verwys na winkels wat reeds geopen is, terwyl blou lande verteenwoordig waar IKEA-winkels in die nabye toekoms geopen sal word
IKEA in Schaumburg (Chicago, VSA)
IKEA in Schaumburg (Chicago, VSA)
IKEA-meubelwinkel in Coventry (Engeland)
IKEA-meubelwinkel in Coventry (Engeland)

Ikea ([i'ke.a], handelsmerk: IKEA) is 'n internasionale maatskappy wat die meubelbedryf met sy bekostigbare en slaan-dit-self-aan-mekaar-meubels gerewolusioneer het. Die winkelketting, wat in Swede gestig is, is tans ook die grootste vervaardiger van meubels wêreldwyd met 118 000 medewerkers en 'n omset van 19,8 miljard € in 2007.

IKEA is in 1943 deur Ingvar Kamprad gestig en tans in besit van 'n Nederlands-gebaseerde stigting wat deur die Kamprad-gesin oorheers word. IKEA is 'n akroniem wat uit die hoofletters van die stigter (Ingvar Kamprad), die plaas waar hy grootgeword het (Elmtaryd) en die nabygeleë dorpie Agunnaryd in Småland bestaan.

Die stigting INGKA Holding B.V. is die moedermaatskappy van alle ondernemings in die IKEA-groep, waaronder die nywerheidsgroep Swedwood (die vervaardiger van IKEA-meubels), die handelmaatskappye wat die IKEA-meubelwinkels beheer, die afdelings wat aankoopfunksies uitoefen, en IKEA of Sweden wat verantwoordelik is vir die ontwerp en ontwikkeling van produkte in die IKEA-reeks. INGKA Holding B.V. is in besit van die Stichting IKEA Foundation, 'n nie-winsbejagmaatskappy wat in die Nederlandse stad Leiden geregistreer is.

Inter IKEA Systems B.V. in Delft (Nederland) is die eienaar van die IKEA-konsep en -handelsmerk waarmee alle IKEA-meubelwinkels hul konsessieooreenkoms gesluit het. Die IKEA-groep is die grootste maatskappy onder konsessie van Inter IKEA Systems B.V.

[wysig] IKEA-meubelwinkels en -katalogus

Die eerste Ikea-winkel is in 1958 in Älmhult (Swede) geopen; die sewentiende Sweedse winkel is op 29 Augustus 2007 in Karlstad geopen. In Augustus 2007 het Ikea altesaam oor 238 meubelwinkels in 34 lande beskik.

Die maatskappy se katalogus, wat afbeeldings en pryse van IKEA-meubels, breekware, dekorartikels en ander ware bevat, is die grootste drukwerk ter wêreld.[1] Die katalogus word in 17 tale en 38 uitgawes vir 28 lande met 'n totale oplaag van 191 miljoen eksemplare gepubliseer.[2] Nuwe katalogusse verskyn jaarliks in Augustus of September.

[wysig] Verwysings

  1. ^ CAP&Design nommer 6 (2004)
  2. ^ www.ikea.com: Customer service


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -