See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Hugenotekruis - Wikipedia

Hugenotekruis

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Hugenotekruis is 'n Christen godsdienstige simbool wat in Frankryk ontstaan het ná die herroeping van die Edik van Nantes. Die kruis word met protestantisme geassosieer en spesifiek met die Franse Hugenote.[1]

Die Hugenotekruis is in 1688 deur die goudsmid Mystre van Nîmes ontwerp en deur hom vervaardig. Die kruis bestaan uit 'n Malteserkruis met met vier Fleurs-de-Lis wat die arms van die kruis met mekaar verbind. Agt knoppies versier die buitepunte van die kruis arms. Die Malteserkruis is tevore deur die Hospitaler Ridders van die Heilige Johannes van Jerusalem, ook bekend as die Ridders van Malta, gebruik. Die Ridders van Malta was 'n godsdienstige en Kruisvaarder orde wat in die 7de eeu in Jerusalem gestig is en in 1308 die eiland Rhodos best het na die na die ineenstorting van die Kruisvaarderstate. Die orde van die Ridders van Malta is in 1530 gestig nadat Rhodos deur die Ottomaanse Turke verower is en hulle na Malta moes vlug waar hulle vir 4 eeue gewoon het -- vandaar die naam Malteserkruis.[1]

Die Hugenotekruis is ryk aan simboliek:[1]

  • Die kruis is die simbool van die Christen geloof by uitnemendheid. Dit verteenwoordig nie net die dood van Jesus Christus nie maar ook die oorwinning oor dood en goddeloosheid. Dit geld ook vir die maltese kruis wat in die Hugenotekruis gebruik word.
  • Die agt boutonnés (knoppies op die punte van die kruis se arms verteenwoordig die agt Saligsprekinge van Mattheus 5: 3-10
  • Die vier fleurs-de-lis het elkeen 3 blare wat in een opsig die goddelike drie-eenheid verteenwoordig en die altesaam twaalf blare die twaalf apostels. Dit kan ook die doringkroon verteenwoordig. Die fleurs-de-lis saam met die arms van die kruis neem die vorm van 'n hart aan wat dui op die leiding van Christus. Die fleurs-de-lis verwys as tipies Franse simbool ook terug na die moederland van die Franse Hugenote.
  • Onderaan die kruis hang 'n duif met uitgespreide vlerke in afwaartse vlug wat die Heilige Gees simboliseer. In tye van vervolging is die duif dikwels deur 'n pêrel, wat 'n traandruppel voorstel, vervang.

Die Hugenotekruis word vandag algemeen as juweliersware gebruik of gegraveer op geboue van die gereformeerde kerk in Frankryk. Dit is ook 'n onderdeel van die amptelike kenteken van die Gereformeerde Kerk in Frankryk.

[wysig] Kyk ook

[wysig] Verwysings

  1. ^ 1,0 1,1 1,2 Die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika, Die Hugenotekruis, Besoek op 31 Desember 2007


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -