Halfedelsteen
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
'n Halfedelsteen is 'n mineraal wat tot sieraad verwerk is en wat nie tot die vier groepe van edelstene (diamant, robyn, saffier of smarag) behoor nie. Net soos edelstene het hulle 'n spesifieke hardheid en ligbreking.
Halfedelstene word in fassetvorm geslyp om die skittering meer duidelik sigbaar te maak, en in hierdie vorm is hulle baie waardevol en word veral in juwele gebruik. Die prys van 'n halfedelsteen hang af van onder andere die grootte, helderheid en slypvorm.